Covid-19-statistieke: Herstelkoers tans op 90%

(Foto: Unsplash)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 670 766 gevalle is reeds bevestig, waarvan 1 268 nuwe gevalle aangemeld is sedert die vorige verslag. Minstens 4 143 466 toetse is gedoen, waarvan 15 028 toetse die afgelope 24 uur afgehandel is.

Nog 22 sterftes is aangemeld (7 in die Oos-Kaap, 5 in KwaZulu-Natal, 2 in Gauteng, 5 in Noordwes en 3 in die Wes-Kaap). Dit bring die dodetal op 16 398 te staan.

Minstens 603 721 persone (90%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap8889213.3
Vrystaat461286.9
Gauteng21903932.7
KwaZulu-Natal11873117.7
Limpopo152702.3
Mpumalanga270214.0
Noordwes290124.3
Noord-Kaap162432.4
Wes-Kaap11043016.5
Totaal670766100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3110845741208
Vrystaat8383160213688
Gauteng420319541719419
KwaZulu-Natal26261099606145
Limpopo38614235649
Mpumalanga52025800701
Noordwes355258002857
Noord-Kaap197132252821
Wes-Kaap41631031083159
Totaal1639860372150647

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

wim ·

Die “herstelkoers” sal hoër wees as die Vrystaatse “aktiewe gevalle” wat al weke oud is en nie meer op die boeke hoort nie, afgehaal word daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.