Covid-19-statistieke: Herstelkoers van 71%

Foto: ‘n Persoon word getoets vir Covid-19. (AP Photo/Brian Inganga)

Suid-Afrika het nou al nagenoeg 530 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 529 877 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Tot dusver het 377 266 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 71%.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 9 298 nadat nog 414 sterftes aangemeld is: 135 in die Oos-Kaap, 45 in Gauteng, 62 in KwaZulu-Natal, 34 in die Wes-Kaap, 16 in Mpumalanga en 122 in die Vrystaat.

Suid-Afrika het tot dusver 3 113 191 toetse vir Covid-19 gedoen, 34 989 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap80 40015,2%
Vrystaat25 2324,8%
Gauteng185 28235%
KwaZulu-Natal87 79816,6%
Limpopo9 6251,8%
Mpumalanga17 1353,2%
Noordwes20 6863,9%
Noord-Kaap5 6381,1%
Wes-Kaap98 03118,5%
Onbekend500%
Totaal529 877100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap1 96772 570
Vrystaat32710 582
Gauteng2 313129 375
KwaZulu-Natal1 03851 857
Limpopo905 620
Mpumalanga13911 632
Noordwes1099 243
Noord-Kaap362 859
Wes-Kaap3 27983 528
Totaal9 298377 266

 

 Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pieter ·

Mhkize moet vir ons asb kom se hoeveel mense sterf van HIV en TB elke dag. Ek sal graag daai syfers wil ver gelyk met die covid syfers.

NEO ·

Met ‘n 71% herstel koers, is dit duidelik nie ‘n pandemie nie.

JJ ·

Ek kom nou tot die besef. Suid Afrika sal fantasties goed herstel as ons net 71% van die korrupsie kan hokslaan…

Kobus ·

Ja, met meer as 18 miljoen mense wat die virus opgedoen het en meer as 700 000 stertes moet jy reg wees. Jou wereld is maar klein.

annie ·

Vertel ons asseblief wat ‘herstel’ beteken. Skynbaar kry niemand vanjaar griep nie. Dit word toegeskryf aan die dra van maskers. Beteken dit dat sulke fabrieke nou ons ekonomie gaan dra en ons vir ewig aan die maskerade onderhewig sal wees? Wie gaan besluit? Los maar laasgenoemde antwoord.

JJ ·

Stadig oor die klippe. Ek lees gisteraand ‘n verslag van die MISES Instituut – volgens hulle gaan inperkings kom en gaan en weer kom. Soek bietjie vir “The Media Said Europe _Beat Back_ Covid. But Now Lockdowns Loom Again”

Rentia ·

Nou hoekom sluit die land letterlik? 71% herstelkoers en die skole is toe. 3 Miljoen mense het reeds werk verloor. Besighede gaan ten gronde, die ekonomie is laer as slakslym laag. Hoekom? 71% is glad nie ‘n pandemie nie! Heelwat siektes het ‘n baie laer herstelkoers – hoekom het die land (wêreld) nie gesluit daarvoor nie? Tog moet ons met ‘n “pandemie” ‘n totaal bankrot Eskom finansier, miljarde uitkrap vir SAA wat sy vlerkies lankal moes geknip het, en moenie die bonusse vergeet nie…
Waarmee?? ‘n “pandemie” wat jou jou werk gekos het. Hoe word dit ‘n pandemie genoem met so hoë herstelkoers?

JJ ·

Dit was die plan van begin af. As jy nog enigsens twyfel wat jaarliks by die Davos beraad gebeur- wel nou weet jy. Hierdie keer is daar tot die slotsom gekom dat die Verenigde Nasies se 2030 program te stadig is omdat dit die inkoop van plaaslike regerings benodig. Die plandemie is kortpad tot wereld heerskappy sonder om “inkoop” eers te kry. Die inperkings se doelwitte word voortdurend uitgeskuif- eers om die kurwe af te plat. – dan tot daar ‘n teenmiddel is- dan tot daar entstofpaspoort is…. ‘

tweeling ·

Ek glo jou nie, julle is bekend om syfers te kook, kyk maar na die geskiedenis.

JJ ·

en terwyl daar nog nie eens sprake van ‘n getoetste entstof is nie, konkel Yale Universiteit al om die beste sielkundige aanslag te vind om mense te oortuig om toe te stem tot inenting. Dit sluit in:
“Control message
Other: Baseline message
Other: Personal freedom message
Other: Economic freedom message
Other: Self-interest message
Other: Community interest message
Other: Economic benefit message
Other: Guilt message
Other: Embarrassment message
Other: Anger message
Other: Trust in science message
Other: Not bravery message”

Dals ·

Ek wonder, Is dit moontlik dat die gevalle nou afneem nadat die skole gesluit is omdat daar nou minder mense geskandeer word vir simptome en dus nie getoets word nie? Die kinders , onnies ens het nogsteeds COVID maar dit gaan eers opgetel word wanneer skole weer heropen……..en dan klim die getalle weer???

Janc ·

As ons herstel koers op 71% staan, waarom dan nog in lockdown? Almal doen in elk geval net wat hulle wil en gee geen gehoor aan hierdie belaglike reels nie. Julle mors julle tyd om ons nog in “lockdown” te hou!

Excalibur ·

Ja! Ja!…en ek wonder nog steeds deur dit wat my “GP” my met die begin van die CV-19 Grendelstaat aksie meegedeel het. Tydens my roetine ondersoek geselsies bevestig sy dat die coronavirus wel ‘n ernstige bedreiging is maar voeg dan vinnig by dat jaarliks gaan ongeveer 9000 mense in Suid Afrika dood aan die jaarlikse siklus-griepvirus en dat dit voordelig is om voorsorg te tref en ook ‘n griepvirus vir die spesifieke jaar te gaan kry alhoewel dit jou nie 100% sal pantser nie. Haar bedoeling is dat niemand op hol moet gaan nie en slegs die voorkomings maatreels nougeset moet nakom en dan is daar niks om jou polse te gaan afkou nie.
Die huidige CV-19 bevestigde afsterwe syfers is nog nie waar sy gese het die jaarlikse norm vir algemene erge griepaanvalle is nie.
Wonder ook nou wat is die werkilike syferverhouding vir :
CV-19 vs TB vs Malaria vs Jaarlikse algemene Griep aanvalle streftes per provinsie en nasionaal?
Tot-en-met duidelikheid sal ek maar nog steeds my bemasker dra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.