Covid-19-statistieke: Hiér is meeste aktiewe gevalle

(Argieffoto: pixabay)

Die Vrystaat (8 770), Oos-Kaap (7 535) en Wes-Kaap (5 115) het in hierdie stadium die meeste aktiewe Covid-19-gevalle, terwyl die landwye getal aktiewe gevalle teen Vrydagaand op 34 615 gestaan het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê altesaam 692 177 mense uit die 746 945 wat positief vir Covid-19 getoets het, het reeds herstel. Suid-Afrika se herstelkoers staan tans op 92,7%.

Altesaam 2 213 nuwe gevalle is sedert die vorige verslag bevestig en meer as 23 000 toetse vir die virus is in dié tyd gedoen.

Nog 77 sterftes is aangemeld: 29 in die Oos-Kaap, 21 in die Vrystaat, vier in Gauteng, sewe in KwaZulu-Natal, vier in Limpopo, een in Mpumalanga en 11 in die Wes-Kaap.

Dit bring die sterftesyfer op 20 153 te staan.

Uit die sterftes wat nou aangemeld is, het 16 oor die afgelope 48 uur plaasgevind. Hiervan was 11 in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, een in Gauteng en twee in KwaZulu-Natal.

Aktiewe gevalle:

Gauteng:             1 583

KwaZulu-Natal:  4 985

Wes-Kaap:          5 115

Oos-Kaap:           7 535

Vrystaat:             8 770

Noordwes:         2 027

Mpumalanga:    518

Limpopo:            454

Noord-Kaap:      3 628

Totaal:                 34 615

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

christo ·

Ek is nie verbaas oor die groei in getalle nie. Twee weke gelede is ek in Sutherland Noord-Kaap, gewees, net die werknemers van Pep Stores het maskers gedra asook die eienaar van die gastehuis, terwyl nie só vêr in Matjiesfontein almal wel maskers gedra het. Die groot vraag is: Is mense onnosel, moedswillig of het hulle nie maskers nie? In Witbank ervaar ek dat in die townships en -skole die dra van maskers nie afgedwing word nie. Ek dink die jeug en jongmense is uiters selfsugtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.