Covid-19-statistieke: Honderde ‘historiese’ sterftes bygewerk

(Argieffoto: Unsplash)

Die departement van gesondheid het meer as 500 Covid-19-sterftes opgeteken wat toegeskryf word aan ʼn oudit in alle provinsies om die agterstand van Covid-19-sterftes en nuwe gevalle by te werk.

Uit die 551 sterftes wat Donderdag aangeteken is, het net 45 in die voorafgaande 48 uur plaasgevind, sê Foster Mohale, woordvoerder van die departement van gesondheid.

Die algehele sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 92 112.

Provinsies soos die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal is verantwoordelik vir 476 van dié vorige sterftes. Die identifikasie van die sogenaamde historiese sterftes is deel van ʼn proses om die provinsiale sterftes in ooreenstemming met oortollige sterftes te bring.

Mohale sê die sterfdatum, eerder as die datum waarop die sterfte aangemeld word, gee ʼn akkurater weerspieëling van sterftes onder pasiënte met Covid-19.

Intussen is nog 9 860 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld, wat die algehele syfer op 3 504 554 te staan bring. Tot dusver het 3 260 642 mense van die virus herstel en daar is tans 151 800 aktiewe gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika.

In hierdie stadium is die positiwiteitskoers 21% en byna 47 000 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen. Die getal nuwe gevalle wat positief is, is laer as ʼn dag tevore (22,2%) en die sewedaggemiddeld staan tans op 22,7%, ook laer as die 23,7% van ʼn dag tevore.

Die meeste nuwe gevalle is nou in die Wes-Kaap (27%), gevolg deur Gauteng (22%), KwaZulu-Natal (21%), die Oos-Kaap (11%), die Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en die Noord-Kaap (4% elk), en laastens in Limpopo, waar 3% van nuwe gevalle aangemeld is.

Nog 419 mense is in die vorige 24 uur vir die behandeling van Covid-19 in hospitale opgeneem, wat die algehele syfer op 9 603 te staan bring.

Altesame 65 204 dosisse entstof is toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Renier johannes ·

Hulle suig die syfers uit hulle duime n groot klug word wakker

Johann101 ·

Ons weet maar te goed daar word gelieg oor die syfers & dat die syfers aangeblaas word om mense bang te maak… So kan hulle die mense “dwing” om die jab te kry…
‘n “Vaccine” wat nie werk nie…

Kokerboom ·

Kan mens polities so lieg ter wille van effek!Dis net ongelooflik dat die ANC se statistiese vermoeëns die afgelope 2 jaar so perfek is!!!

DJ ·

Dit raak nou ‘n sitcom komedie. Ons kan maar net lag oor al die syfers en bangmaak stories wat rond gegooi word.

Astrain ·

Jy lewe tot jy doodgaan…waaraan is net ‘n tegniese detail. As dit my tyd is, dan is dit so. Ek WEIER om in vrees te lewe!!!

Deon ·

Die sg oortollige sterftes, kan iemand”wgo” dalk vir die publiek noem of daar enige sterftes daar in is wat toegeskryf kan word aan mense wat nie mediese behandeling kon ontvang vir ander dodelike siektes soos tb en vigs terwyl covid eerste prioriteit gekry het nie.

Pietertjie ·

Ons probeer hard dat die pandemie nie momentum verloor nie.

Deon ·

Die eenheid waarin daai onse en ponde gemeet word is “anc”

KB ·

As hulle sulke foute kan maak, dan kan hulle maar verder aanhou lieg en bedrieg ook.
Ons glo in elk geval nie hul syfers nie, want (om te begin) is die PCR-toets onbetroubaar, die “entstof” ondoeltreffend, en soveel ware inligting word van die publiek weerhou.

Glo jy nog jou dokter?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.