Die departement van gesondheid het meer as 500 Covid-19-sterftes opgeteken wat toegeskryf word aan ʼn oudit in alle provinsies om die agterstand van Covid-19-sterftes en nuwe gevalle by te werk.
Uit die 551 sterftes wat Donderdag aangeteken is, het net 45 in die voorafgaande 48 uur plaasgevind, sê Foster Mohale, woordvoerder van die departement van gesondheid.
Die algehele sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 92 112.
Provinsies soos die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal is verantwoordelik vir 476 van dié vorige sterftes. Die identifikasie van die sogenaamde historiese sterftes is deel van ʼn proses om die provinsiale sterftes in ooreenstemming met oortollige sterftes te bring.
Mohale sê die sterfdatum, eerder as die datum waarop die sterfte aangemeld word, gee ʼn akkurater weerspieëling van sterftes onder pasiënte met Covid-19.
Intussen is nog 9 860 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld, wat die algehele syfer op 3 504 554 te staan bring. Tot dusver het 3 260 642 mense van die virus herstel en daar is tans 151 800 aktiewe gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika.
In hierdie stadium is die positiwiteitskoers 21% en byna 47 000 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen. Die getal nuwe gevalle wat positief is, is laer as ʼn dag tevore (22,2%) en die sewedaggemiddeld staan tans op 22,7%, ook laer as die 23,7% van ʼn dag tevore.
Die meeste nuwe gevalle is nou in die Wes-Kaap (27%), gevolg deur Gauteng (22%), KwaZulu-Natal (21%), die Oos-Kaap (11%), die Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en die Noord-Kaap (4% elk), en laastens in Limpopo, waar 3% van nuwe gevalle aangemeld is.
Nog 419 mense is in die vorige 24 uur vir die behandeling van Covid-19 in hospitale opgeneem, wat die algehele syfer op 9 603 te staan bring.
Altesame 65 204 dosisse entstof is toegedien.



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Hulle suig die syfers uit hulle duime n groot klug word wakker
Kan mens polities so lieg ter wille van effek!Dis net ongelooflik dat die ANC se statistiese vermoeëns die afgelope 2 jaar so perfek is!!!
Ek stem saam klug liegery word wakker of skrik wakker
Dit raak nou ‘n sitcom komedie. Ons kan maar net lag oor al die syfers en bangmaak stories wat rond gegooi word.
So wat probeer hulle nou eintlik bereik hiermee.