Suid-Afrika se bevestigde Covid-19-gevalle het teen Dinsdagaand op 613 017 gestaan en 1 567 nuwe gevalle is aangemeld.
Gauteng het in hierdie stadium steeds die meeste gevalle van die virus (33,8%) en altesaam 206 892 gevalle van die virus is in die provinsie bevestig. Volgens die Gautengse gesondheidsdepartement was 3 232 Covid-19-pasiënte teen Dinsdag in private en staatshospitale.
Die provinsie het tans een operasionele veldhospitaal, die hospitaal by Nasrec, en sê die Gautengse provinsiale beheerraad het die plan om verdere veldhospitale op te rig, heroorweeg.
Provinsie | Bevestigde gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 85 311 | 14,0 |
Vrystaat | 35 603 | 5,7 |
Gauteng | 206 892 | 33,8 |
KwaZulu-Natal | 110 521 | 18,0 |
Limpopo | 12 703 | 2,1 |
Mpumalanga | 23 336 | 3,8 |
Noordwes | 24 445 | 4,0 |
Noord-Kaap | 9 375 | 1,5 |
Wes-Kaap | 104 781 | 17,2 |
Onbekend | 50 | 0,0 |
Totaal | 613 017 | 100 |
Altesaam 149 nuwe sterftes is aangemeld: 35 in KwaZulu-Natal, 54 in Gauteng, 16 in Mpumalanga, 10 in die Noord-Kaap, 16 in die Oos-Kaap en 18 in die Wes-Kaap, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Dinsdagaand gesê.
Tot dusver is 13 308 sterftes weens Covid-19 bevestig.
Die land se herstelkoers staan nou op 84% en 520 381 mense het reeds van die virus herstel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Genade geen syfers maak sin nie. Kaders kan seker nie tel nie soos altyd…
As die virus so maklik versprei, en maskers moet gedra word net waar jy gaan, waarom word die swab steeds in jou neus opgedruk tot amper teen jou breinstam? As dit dan blykbaar versprei as jy selfs praat? Dan moet dit mos baie maklik wees om ‘n sample te kry? Die CDC erken dat verkoue positief sal toets as corona, so hoeveel is regtig siek aan NET corona alleen – met geen ander onderliggende siekte van enige aard nie?
….and seeveentie……
Hoe meer vryheid en beweging hoe minder die syfers.
Ek het op die nuus gehoor dat die gesondheidsdept 20 000 Suid Afrikaanse Apap masjiene aangekoop het vir R250 miljoen. Ek het verlede maand n nuwe Resvent masjien met alle bybenodighede gekoop vir R6000. Iemand het weer gskep.