Covid-19-statistieke: Infeksies daal, herstelkoers styg

‘n Gr.R-leerder in Kaapstad se temperatuur word nagegaan. (Foto: Brendan Magaar/ANA)

Suid-Afrika se bevestigde Covid-19-gevalle het teen Dinsdagaand op 613 017 gestaan en 1 567 nuwe gevalle is aangemeld.

Gauteng het in hierdie stadium steeds die meeste gevalle van die virus (33,8%) en altesaam 206 892 gevalle van die virus is in die provinsie bevestig. Volgens die Gautengse gesondheidsdepartement was 3 232 Covid-19-pasiënte teen Dinsdag in private en staatshospitale.

Die provinsie het tans een operasionele veldhospitaal, die hospitaal by Nasrec, en sê die Gautengse provinsiale beheerraad het die plan om verdere veldhospitale op te rig, heroorweeg.

ProvinsieBevestigde gevallePersentasie
Oos-Kaap85 31114,0
Vrystaat35 6035,7
Gauteng206 89233,8
KwaZulu-Natal110 52118,0
Limpopo12 7032,1
Mpumalanga23 3363,8
Noordwes24 4454,0
Noord-Kaap9 3751,5
Wes-Kaap104 78117,2
Onbekend500,0
Totaal613 017100

Altesaam 149 nuwe sterftes is aangemeld: 35 in KwaZulu-Natal, 54 in Gauteng, 16 in Mpumalanga, 10 in die Noord-Kaap, 16 in die Oos-Kaap en 18 in die Wes-Kaap, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Dinsdagaand gesê.

Tot dusver is 13 308 sterftes weens Covid-19 bevestig.

Die land se herstelkoers staan nou op 84% en 520 381 mense het reeds van die virus herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Genade geen syfers maak sin nie. Kaders kan seker nie tel nie soos altyd…

R

As die virus so maklik versprei, en maskers moet gedra word net waar jy gaan, waarom word die swab steeds in jou neus opgedruk tot amper teen jou breinstam? As dit dan blykbaar versprei as jy selfs praat? Dan moet dit mos baie maklik wees om ‘n sample te kry? Die CDC erken dat verkoue positief sal toets as corona, so hoeveel is regtig siek aan NET corona alleen – met geen ander onderliggende siekte van enige aard nie?

Schalk

….and seeveentie……

Kaal Keiser

Hoe meer vryheid en beweging hoe minder die syfers.

Scalla

Ek het op die nuus gehoor dat die gesondheidsdept 20 000 Suid Afrikaanse Apap masjiene aangekoop het vir R250 miljoen. Ek het verlede maand n nuwe Resvent masjien met alle bybenodighede gekoop vir R6000. Iemand het weer gskep.