Nog 1 218 mense het positief vir die nuwe koronavirus getoets.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand gesê die sterftesyfer het met 10 gestyg en staan op dag 58 van die landwye staat van algehele afsondering op 407.
Vier van die sterftes was in die Wes-Kaap, landwyd die provinsie met die hoogste Covid-19-koers. Vyf sterftes is in die Oos-Kaap en een in KwaZulu-Natal aangemeld.
Tot dusver het 21 343 mense in Suid-Afrika positief vir die nuwe koronavirus getoets. Altesaam 10 104 mense – oftewel sowat 47% – het reeds van die siekte herstel.
Meer as ʼn halfmiljoen toetse vir Covid-19 is reeds gedoen, 21 338 daarvan oor die afgelope 24 uur.
Totaal getoets | Nuwe toetse | |||
Private sektor | 276 537 | 49% | 10 429 | 49% |
Staatslaboratorium | 287 833 | 51% | 10 909 | 51% |
Totaal | 564 370 | 21 338 |
Suid-Afrika is steeds op koronavirus-vlak 4 en pres. Cyril Ramaphosa sal Sondagaand ʼn aankondiging oor die moontlike verslapping van die afsonderingsregulasies – wat ingestel is om die verspreiding van Covid-19 te stuit – doen.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
En intisen val die pap op die grond.. ek vertrou nie hulle telings nie.
Alle dode word in hierdie tyd geklassifiseer. Hetsy jy aan kanker, hart aanval of ongeluk omkom, op jy doodsertifikate word Corona/Covid-19/Covid-19 related geskryf. Daar is heelwat klagtes daarvan 0op Facenook, Instagram en Twiiter en dit strek wêreld wyd
Hulle saai net paniek en die regering kry lekker, want hulle dink hulle kan ons beheer. Nie een van die wat dood is is suiwer aan die virus dood nie. Almal het onderliggende siektetoestand gehad en soy in elke geval gesterf het. Franse dokter her dit ook reeds bevestig. Uir 100 nadoodse ondersoeke wat na bewering aan Corona dood is, is nie een suiwer dasr aan dood nie. ALMAL het onderliggende siektetoestande gehad en was op die punt on te sterf. So, mense kom by. GESONDE mense en kinders gaan nie sommer doodgaan nie! LAAT ONS ASSEBLIEF NOU NA NORMAAL… Lees meer »
Niemand, swart of wit glo meer wat die “regering” se nie.
Die opesiesie dreig met hofsake ens. Daar moet eerder in die hof aansoek gedoen word om insae te kry wat in die krygsraad aangaan of nog beter dring aan om deel van die spul te word.
Daar is geen oorlog nie ,elke party moet kan deel wees van die besluite wat geneem word…..of het die opesisie ook besluit ons het nou elk n hamer en sekel.