Covid-19-statistieke: Kommer oor meer as 3 000 nuwe gevalle in SA

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: GCIS)

Suid-Afrika het weer die teiken van 3 000 nuwe gevalle van Covid-19 per dag oorgesteek.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand in sy gebruiklike verklaring gesê hy is bekommerd nadat 3 105 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het vir die koronavirus. Meer as die helfte (54,4%) van dié gevalle is in die Oos-Kaap aangemeld.

“Ons is ook bekommerd dat die koers van positiewe gevalle op 12% staan, wat hoër as die aangewese mikpunt is, byvoorbeeld 10% of minder.”

Altesaam 762 763 pasiënte in Suid-Afrika het nou reeds positief getoets vir die koronavirus.

Die dodetal staan op 20 759 nadat nog 88 pasiënte weens die virus gesterf het.

Die meerderheid van die onlangse sterfgevalle (67) is in die Oos-Kaap aangemeld, gevolg deur 15 in die Vrystaat, drie in die Wes-Kaap, twee in Gauteng en een in KwaZulu-Natal.

“Ons het opgemerk dat die aantal nuwe daaglikse sterftes aan’t styg is in die Oos-Kaap.”

Volgens Mkhize het 707 040 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 92,7%.

Nog 29 019 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 5 243 055 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Gauteng4 960227 195
KwaZulu-Natal3 307116 558
Wes-Kaap4 505113 237
Oos-Kaap4 267101 438
Vrystaat1 77749 098
Noordwes54132 861
Mpumalanga61429 882
Limpopo48717 496
Noord-Kaap30119 275
Totaal20 759707 040

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pieter ·

Die is regtig nou glad nie meer nuus nie, sooooo vervelig, erger as om te kyk die verf droog word.

Strandloper ·

Ek kyk eerder vir verf om droog te word as om net nog n statestiek te wees….

Jacobus ·

Liewe landgenote, maak gereed vir 2de golf van vreesbejagdheid.

Strandloper ·

Dit is nie nodig om angstig te wees nie, daar is (HOCl) beskerming….doen navorsing.

Stefan ·

Vandag is daar ‘n massa fietsrywedren in Joburg, dit behoord die syfers op te stoot as dit nie uitgereën het nie.
Baie mense worrie eenvoudig nie!

gehasie ·

Wie tel?? Die groep wat onder instruksies bedryf en glad nie kan tel nie! Die hospitale is leeg en daar lê nie mense in die strate nie!!! Tyd vir journaliste om hul staal te wys en die sg pandemie uit te wys as n plandemie!!!

Dirk Mostert ·

In die noordelike halfrond se “Golf 2” eskaleer infeksies, terwyl daar bitter min nuwe covid-sterftes is. Vir perspektief: Deel die aardbevolking van 7,800 miljoen deur die gemiddelde lewensverwagting (72 jaar) en jy kry ‘n omset (verwagte jaarlikse sterftesyfer) van 108 miljoen. Die totale (covid + covid-“verwante”) sterftes na 1 jaar van die “pandemie” is 1.3 miljoen. Dis sowat 1% van alle sterftes per jaar. Daar moet omtrent nog ‘n honderd ander ewe ernstige oorsake van sterftes wees, wat min publisiteit kry.

Jaco ·

Ja ons kan die getalle sien styg in die kaap met sy lae bevolking. En hoekom nie in die stede nie. Kan iemand vir ons sê hoekom minister,vertel ons iets wat ons nog nie weet nie.

Spyker ·

Sal graag wil weet hoeveel mense verlede jaar aan ” Griepverwante siektes ” dood is en hoeveel het griep opgedoen en hoeveel het hestel?

Jan ·

So onlangs soos 2018 het 36 810 mense in SA aan griep gesterf. Indien dieselfde aandag daardie jaar op die mees algemene griepvirus sedert 2012, corona, as vanjaar toegespits was sou die syfer waarskynlik 50 000 oorskry het. Indien vanjaar se griep soos normaal sy gang sou gaan, sou die covid-19 statistiek waarskynlik op 12 of 15 000 gestaan het. Die histeriese media-aandag, waarskynlik deur duistere agendas aangeblaas, en gevolglike “maatreëls” het eindeloos meer skade gedoen as wat hierdie virus kan.

Dirk Mostert ·

Die positiewe gevalle (vir wat dit werd is met ‘n hoogs onbetroubare toets) neem toe omdat die tempo van toetsing eskaleer. Dit sal my min verbaas as daar nou ‘n konsentrasie van toetse in “hotspots” is vir motivering van die verlenging van die “ramptoestand”. Dr. Mkhize weet skynbaar nie dat die aarde rond is en dat die boonste helfte nou winter het (vandaar Golf 2), terwyl ons in die onderste helfte nou somer het nie. Wintersiektes is geneig om in die winter voor te kom omdat dit dan koud is. In die somer is dit weer warm en nie bevorderlik vir verkoue en griep nie.

Kobus ·

Dis net jy wat dink die aarde is plat. Gaan kyk hoe die getalle toegeneem het in NoordAmerika, Indië en Rusland in die somer. Alhoewel daar n mate van waarheid is dat die virus in die winter as gevolg van balie ander faktore meer geneig Sal wees om te versprei, beteken dit geensins dat dit nie ook in die somer versprei nie. Hou maar die getalle dop en ons praat weer oor n paar maande.

annie ·

Mkhize se ander vername taak is om uit die poorte van die kommissie te bly weens sy glo ook betrokkendheid by ongerymdhede. Ondernemingsgees tov van ontwykende gedrag is nogal opmerklik by boorlinge van die oostekant van die land. Is dit die warm seestroom se skuld? En die Kersvakansie gaan dalk ook in die slag bly as dit van hom en bevelvoerderes Zuma afhang.

Maggies ·

Lyk nie of dit hulle gister veel gepla het toe honderde maskerloses op Brackenfell opgedaag het nie. As dit werklik so erge probleem was, moes ons minister van gesondheid ‘n stokkie daar voor gesteek het.

johanf ·

Sluit dan die Oos Kaap se grense, net Dr. Zweli Mkhize kan antwoord,mediese toerusting wat hy aan Kuba geskenk het……. Wonder wat het van die Motorfiets Ambulanse grword….
Nou vervoer ons Taxi Bussies die pandemie na ander Provinsies……
Dieselfde geld vir George, wat ook nou ń nuwe “New Epic Centre” genoem, berig word…..

Spiggie ·

Die syfers is sekerlik baie meer, wie kan bekostig om elke keer R850 te betaal vir ‘n toets? COVID toetse het al R3 400 uit my uit die laaste maand. Ag nee wat die syfers is nie betroubaar nie, moving on

Karina ·

Livingston Hospitaal in PE kan nie meer pasiente ontvang nie, hulle het ook nie genoeg gekwalifiseerde personeel om na pasiente om te sien nie, dokters moet inspring om te help. Hulle is oormoeg, oorwerk en moedeloos. Dit is die waarheid, nie uit die duim gesuig nie. Een van ons werkers is siek, hy is deur die kliniek personeel huis toe gestuur omdat daar nie plek in die hospitale is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.