Covid-19-statistieke: Kwart van alle toetse nou positief

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Altesaam 1 895 905 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 18 762 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) verteenwoordig dié toename ʼn positiwiteitskoers van 25,5% wat beteken dat ʼn kwart van alle Covid-19-toetse wat in hierdie stadium gedoen word, positief terugkom.

SektorToetse gedoen Nuwe toetse 
Privaat7 258 34857%45 28961%
Staat5 584 41343%28 42039%
Totaal12 842 761 73 709 

Daar is tans 145 904 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 1 690 380 mense van die virus herstel. Dit dui op ’n herstelkoers van 89,2%.

Gauteng is steeds verantwoordelik vir die meeste nuwe gevalle (63%) gevolg deur die Wes-Kaap (9%).

ProvinsieNuwe gevalle op 25 Junie 2021Totale gevalle tot en met 25 Junie 2021
Oos-Kaap591204 767
Vrystaat523112 476
Gauteng11 777599 791
KwaZulu-Natal997350 287
Limpopo83272 529
Mpumalanga87791 592
Noordwes107391 059
Noord-Kaap33458 086
Wes-Kaap1 758315 318
Totaal18 762 1 895 905

Luidens die Nios se jongste verslag is nog 215 sterftes intussen aangemeld. Dit bring die land se dodetal op 59 621 te staan.

Altesame 606 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal opgeneem.

SektorAantal fasiliteiteOpnames tot dusverSterftes tot dusver (in hospitale)Tans opgeneem
Privaat257141 45823 5807 292
Staat400157 10337 2973 857
Totaal657298 56160 87711 149

Altesaam 103 714 inentings is sedert die vorige verslag gedoen. Meer as 2,6 miljoen mense in Suid-Afrika is tot dusver teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Daleen ·

Die artikel se sterftesyfer en die tabel se sterfesyfer stem nie oor een nie. So watse anders getalle is ook foutief?

Francois Le Cochon ·

Daleen, maak dit regtig saak. Kyk net om jou, dan is statistiek nie nodig nie.

annie ·

Hoekom word stokkies nie meer in neuse gestop nie? Hopelik vorder ons nie tot by Sjina se hoogste sport van covid navorsing nie… glo geleè tussen berge en dale… Volg die grafiek die syfers van toetsings of die syfers ‘n gegewe grafieklyn? Waar word die derduisende toetse uitgevoer vir so ‘n groot uitslag, want nog nooit jaende voertuie na laboratoriums teègekom nie. Daar moet duisende flukse werkers wees wat al vir amper twee jaar dag en nag swoeg of het Mkise op eie koste kunsmatige intelligentes aangestel.

Francois Le Cochon ·

Annie. Gister nog het Dischem stokkies gebruik in die parkeer garage. Jy is reg oor die duisende flukse werkers. Die vele Pathcare bakkies en motorfietse wat ek al gesien het hou by die spoedgrens.

Thom ·

Gaan kyk by die parkeerterrein in Parow hoeveel mense gaan deur per dag ___ hou op om soos ‘n bok agter ‘n klok aan te hardloop !

katara ·

annie,
Asseblief. Moet nie kommentaar lewer op dit waarvan jy NIKS weet nie.
Toevallig is daar duisende werkers wat hulle dood werk al van laas jaar om AL die derduisende Covid-19 toetse te doen, en hoe weet ek dit?
Ek is een van daardie werkers.
Volgende keer, dink mooi voor jy kommentaar lewe sonder enige werklike kennis.

MakersMark ·

Dankie. Goeie antwoord. Baie hier wil CV19 afmaak as een of ander regerings sameswerings teorie en gekonkel met syfers terwyl als “eitlik ok” is. Terwyl hul geen benul van mediese tegnologie, statistiek, mikeobiologie of wetenskap het nie.

piet ·

Die getalle is hoog maar daar moet in gedagte gehou word dat daar ‘n direkte korrelasie bestaan tussen die getal mense wat getoets word en die moontlike aantal positiewe gevalle. Hier is nou amper 74000 mense getoets, dit lyk vir my baie in vergelyking met die aantal wat gewoonlik getoets word. As ek reg onthou was die maksimum aantal toetse gedurende vorige “piek” tye om en by 50000.

piet ·

Natuurlik maar ons praat hier net van amptelike toetse wat gedoen word. Wat ek se is dat daar meer mense positief gaan toets as daar meer toetse (baie meer) toetse gedoen word. So as daar net 50000 toetse gedoen was, sou die syfer omtrent 12500 gewees het (25% toets tans positief). Dan lyk dit skielik nie so verskriklik nie. Wat wel kommerwekkend is, is dat die persentasie van die wat positief toets op gaan wat in alle waarskynlikheid ‘n aanduiding is dat meer mense nou positief is oor die algemeen.

Kneh Mokenah ·

Piet, die meeste aantal nuwe gevalle(21980) was op 8 Januarie 2021, Daar is beslis ‘n korrelasie tussen toetse en die aantal gevalle, maar die positiwiteitspersentasie gee die werklike aanduiding van omvang van die golf.

Samuel ·

Dankie Malema dat jy en jou navolgers help om die virus te versprei. Doe so voort en die ANC sal julle beloon met géén vervolging vir superverspreiders byeenkomste nie.

Erica ·

En hoe weet jy dit? Want ek glo nie alles wat jy te skryf het nie. Elke mens kan vir hom self dink en het nie jou nodig om vir hulle te dink nie. Weet jy wat ek dink jy is niks daar buite maar hier wil jy kom kraai en vir almal se wat hulle moet doen. Sterkte daarmee

Jaco ·

18 762 toets posetief en hulle is 1 kwart van dié wat getoets is. So 75048 mense het hulle die afgelope 24 vrywillig laat toets en was bereid daartoe dat ‘n ding diep en pynlik in hulle neuse opgedruk word. Ek weier om dít te glo. Dié hemelhoë Corona syfers word opgemaak om ‘n politieke agenda van die ANC te dien.

katara ·

Jaco,
Maak nie saak wat jy glo nie, die werklikheid is dat daar baie moontlik self meer mense as wat positief is en nie toets nie.
Dankie tog, die werklikheid van die situasie het niks te doen met wat jy glo nie, want ek SIEN hoeveel mense positief toets daagliks.

Francois Le Cochon ·

Jaco, toetse is na altyd vrywillig nie. As iemand by die werk covid kry, sal die werkgewer al die ander werkers laat toets. My dogter is al 3 keer hierdie jaar gevra om te laat toets. En ja, sy hou nie daarvan nie, maar het nie ‘n keuse. Die werkgewer het gelukkig elke keer daarvoor betaal.

MakersMark ·

Dis ‘n pot snert. En die hospitalisies ? En die tekort aan hoësorg beddens ? En die tekort aan suurstof punte ? En die tekort aan mediese personeel ? Of word dit ook opgemaak om ‘n politieke agenda te dien ? Dink tog voor soveel snert gesê word.

Anel ·

Meer as 1en ‘n 1/2 milj positief getoets. Hoeveel van daardie is nie dubbeld getoets nie en hoeveel het werklik siek geword. Glo niks hiervan nie. Ek glo ook die getalle word opgestoot sodat ons weer inkgeperk kan word. Hulle wil mos die hele ekonomie verwoes en ons afhanklik maak van hulle.

Francois Le Cochon ·

Ja Anel, en begrafnis ondernemers hou “fake” begrafnisse, en die media plaas hope doodsberigte van mense wat nog lewe. Skrik wakker!

Jan ·

Ek wil net se die statistieke vir 24 uur tydperk is nie akkuraat nie.Ek weet van mense wat byna ‘n week gelede getoets is en hulle wag nogsteeds vir hulle uitslag.

piet ·

Ek dink die syfer is die data wat reeds verwerk is en dan op ‘n bepaalde tyd in die stelsel ingevoer word. Dit is nie noodwendig net die voorafgaande 24-uur wat fisies getoets is nie. Met ander woorde dit kan data wees van toetse wat reeds ‘n paar dae gelede gedoen is maar nou eers verwerk en op die stelsel vasgele word. Ek bedoel dis hoogs onwaarskynlik dat ‘n toets wat om half-vyf gedoen is op ‘n afgelee plek reeds om 5-uur dieselfde dag vasgele en geverifieer is.

Hannes ·

Maroela media, ekke het vir julle n vraag, van al die nuwe positiewe gevalle, hoeveel is siek, hoeveel is ge hospitaliseer, hoeveel wat siek is het al 1e of 2e ent gehad……… Hoekom net die groot getalle aanhaal? Hoekom net sensasie, dink julle nie ons het hq goeie nuus ook nodig nie?

Swanies ·

Daar is ‘n GOEIE NUUS afdeling. Vermy dan eerder die sensasie gedeelte, die meeste van ons sien dit as NUUS.

MakersMark ·

Dalk moet ekke nie nuus lees nie. Dan sal ekke nie sulke vra vrae nie.

Alex ·

Hoeveel het al geherstel? Dit is ook belangrik om te sien. Wat my gat se deksel is, is dat daar meer gevalle is as toetse. Ek weet van baie mense wat al 10 kere hulle self laat toets het. Ander 3 tot 4 kere. Nou as jy daai aftrek, hoe kan mense in hospitale en dit meer wees dan as toetse? Hoe is hulle getoets vir Covid en ook sou hulle nie, op grond van wat se tiepe afleiding is mense as Covid positief gemaak?

Adri ·

In die lig van die algemene fiasko van die sg. pandemie, wonder ‘n mens maar net oor die akkuraatheid van al die syfers. In welke mate word dit gemanipuleer deur politici met verskuilde agendas?

MakersMark ·

Snert. Syfers word geaudit. Die word waarskynlik onder gerapporteer daar is mense wat sterf en begrawe word voor hul by toets sentrums uitkom.

Francois Le Cochon ·

Die werklike covid dodetal word geskat op om en by 160,000. Die rede hiervoor is dat daar sedert Januarie 2020, 100,000 meer sterftes as 2019 was, en die oorsaak van sterftes nie bekend is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.