Covid-19-statistiek: Meer as 1 000 nuwe gevalle aangemeld  

Foto: ‘n Persoon word getoets vir Covid-19. (AP Photo/Brian Inganga)

ʼn Totaal van 1 160 Covid-19-gevalle is in die afgelope 24 uur van toetsing aangemeld.

Teen Sondagaand het 15 515 mense in Suid-Afrika reeds positief getoets vir Covid-19, met 7 006 mense wat reeds van die virus herstel het.

Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, is daar reeds 460 873 toetse gedoen, waarvan 21 314 in die laaste 24 uur- toetssiklus gedoen is.

ʼn Verdere drie mense is aan Covid-19 dood en die dodetal het tot 264 gestyg. “Ons wil graag ons medelye betuig met die oorledenes se geliefdes en ook die gesondheidsorgwerkers bedank wat vir hulle gesorg het.”

Sterftes en mense wat van die virus herstel het volgens provinsie:

Provinsie:Sterftes:Getal mense wat herstel het:
Oos-Kaap35839
Vrystaat6108
Gauteng251 583
KwaZulu-Natal45817
Limpopo337
Mpumalanga049
Noordwes128
Noord-Kaap024
Wes-Kaap:1493 521
Totaal:2647 006

Sterftes volgens ouderdom:

OuderdomGetal sterftes
0-90
10-190
20-291
30-3915
40-4934
50-5955
60-6966
70-7958
80-8927
90-998
Totaal:264

Sterftes volgens geslag:

Mans (%):Vroue (%):Totaal:
148 (56%)116 (44%)264

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michael 1 ·

Die syfers is verkeerd ,verlede Saterdag is 13 werkers van Marula platinum myn in Limpopo positief getoets,en dit bewys dat sekere provinsies nie die ware getalle aangee nie want hulle toets nie.

Adam ·

Dit was relatief maklik vir die regering om die impak van Covid-19 te vertraag. Nou het die tyd van “afrekening” by wyse van spreke aangebreek en of hulle die verhoogde las op mediese dienste kan hanteer, is ‘n totaal ander storie.

Alleen Wolf ·

Glo hulle rerig die syfer, hou aan droom en gaan leer om te tel

Jacobus ·

Tot die dag wat ek my kop neerlê sal ek volhou dat sekere tipes statistiek niks seggegend is en die manier wat die statistiek uitgedruk word is wat die engelse noem “talley”. Terwyl dit die enigste metode van notering van gevalle en sterfgevalle is, is die aannames gebrekkig maar nie noodwendig verkeerd. Maar om baie ernstige fundementele besluite daarop te basseer is baie gevaarlik.

Emily ·

Dit is een groot lieg storie die. Mense sterf van ander siektes en dan word dit gese dit was Covid19.
Hier is groter dinge aan die gang. Hulle sit weereens vir ons ore aan.
Kyk na Noord Wes, Noord Kaap en Mpumalanga, Nee wat ek glo nie n woord hiervan nie.

Celeste ·

Die syfer is nie eers reg nie. Jy moet die getal wat Al klaar herstel het by die Groot getal aftrek Dan het jy die getal mense wat nog siek is. So daar is ver minder as 15515 mense wat die virus het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.