Covid-19-statistieke: Meer as 1 000 nuwe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Minstens 32 298 mense in Suid-Afrika het nou Covid-19 onder lede nadat nóg 1 266 nuwe virusgevalle Sondag aangemeld is.

Dit is heelwat minder as die aantal nuwe gevalle wat ʼn dag tevore (2 320) aangemeld is.

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 6,7%.

Die departement van gesondheid het Sondag 38 Covid-19-verwante sterftes aangemeld, waarvan twee in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Dit bring die algehele sterftesyfer op 99 229 te staan.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (42%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (18%), KwaZulu-Natal (16%), Mpumalanga (8%), Noordwes (7%), Vrystaat (5%), Oos-Kaap (3%), Limpopo (2%) en die Noord-Kaap (1%).

ProvinsieAantal nuwe gevalle op 27 Februarie aangemeld
Oos-Kaap35
Vrystaat63
Gauteng529
KwaZulu-Natal197
Limpopo23
Mpumalanga98
Noordwes84
Noord-Kaap12
Wes-Kaap225
Totaal1 266

 

Minstens 2 979 pasiënte word nou vir Covid-19 in die hospitaal behandel nadat nog 11 mense Sondag opgeneem is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke het altesame 3 673 257 mense in Suid-Afrika al die virus opgedoen, van wie 96% reeds herstel het.

Altesame 23 071 788 Covid-19-toetse is al gedoen, waarvan 18 766 Sondag aangemeld is.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 6 842 dosisse van die entstof sedert die vorige verslag toegedien, terwyl 31 439 128 dosisse sedert die aanvang van die land se inentingsprogram toegedien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

VaalDonkie ·

Mooi. Ons het uiteindelik minder as 3000 gevalle in hospitale. Dis minder as 5 mense per hospitaal.

VaalDonkie ·

Ek weet nie wie ‘n afduimpie gegee het nie, maar ek hoop nie dis oor die mense gesond word nie!

Josua ·

Is dit positief omdat n vals PCR toets steeds gebruik word wat 57 verskillende variante kan optel en ‘n positiewe lesing gee insluitend normale verkoue????? En steeds bull….. hulle die mense met die toets.

Papsak ·

Ja nee ek stem nou word ons weer gedruk vir die booster asb om vadersnaam stop dit nou dit nog net SA wat so aan gaan

Anel ·

Wat is tog nou die doel van die spuit? Mediclinic verplig nie meer sy mense om gedpuit te word nie en Momentum het sy spuitsentrums gesluit agv te min of geen belangstelling meer nie. Mense word nie meer siek nie of gaan nie meer dood nie. So, hoekom nog aanhou met die klug? Nederland en Engeland het al hul geite gestop. Geen verpligte spuit meer of dra van maskers. Van vadag hoef die Franse ook nie meer maskers te dra nie. Hulle is nog in die greep van winter. Maar ons, waar niemand meer siek word of doodgaan nie en wat nog in die somer is, moet die vieslike masker dra? Kom tog by dat hierdie die grootste klug nog in die geskiedenis is. Meer mense gaan deesdae in motorongelukke dood, op een slag as aan die virus.!!!

Jacob ·

Wat kommerwekkend is, is die feit dat Suid Afrika nou die tydperk tussen tweede mRNA inspuiting en die “booster” verkort terwyl die res van die wereld dit verleng het omdat dit onomkeerbare skade kan veroorsaak.

Dit is tyd dat ons begin druk uitoefen om natuurlike immuniteit erken te kry as die beste (en eintlik enigste) beskerming teen die virus. Ek is nou al siek en sat vir ‘n belaglike klomp mense wat dink hulle kan ‘n eksperimentele terapie op my afdwing. Indien enige persoon twyfel hetsy die mRNA spuite skade kan aanrig, kyk gerus as voorbeeld wat gebeur het met mense soos Kyle Warner en Stephanie Centano en plaaslik, mev Jean van Vuuren.

…En as jy Moderna aandele het, gaan jy geld verloor en Pfizer is kort op Moderna se hakke. VSA prokureurs is reeds besig om skuiwergate te identifiseer om farmaseutiese maatskappye verantwoordelik te hou vir die ontsaglike skade wat aangerig is.

Thom ·

Lig ons opgeleide mense wat elke dag met die goed werk tog ook in oor die ” ontsaglike skade ” wat aangerig is maar probeer tog aub eerbare bronne en nie die twak waarmee jy gereeld uitkom nie ! Dit is Stephanie Centeno en as jy nie deur daardie twak kan sien nie , is dit net omdat jy dit bitter graag wil glo . Die miljoen der miljoen wie se lewens deur die entstowwe gered is is gelukkig naamloos !

Nommer 7 ·

Thom, het u al ooit probeer om iemand te oorreed dat “steak” nie “well done” ge-eet moet word nie. Dieselfde geld vir sekere covid argumente!

MakersMark ·

Daar sal niks hier gewys word nie want dis nie daar nie.

Buzz711 ·

Thom. Die hele covid narratief is besig om krake te wys wêreld wyd. die groot name wat die masker en spuit liedjies sing is ook opgeleide mense.opgelei – verseker. eerlik ? nie n manier nie. tyd ontbloot als en het reeds begin. terloops-Phizer het sy aansoek vir noods-toestand-gebruik terug getrek omdat India aandring om hulle eie toetse te doen om te sien of dit veilig is en effektief. M.A.W ek verloor eerder 1.3b kliente voor julle kyk of my produk toets? reuters.com vir die wat lus is om te lees.

Miskruier ·

Dr John Campbell het gister bevestig dat natuurlike immuniteit beter is as die spuite.

piet ·

Onwaar – In die VK kon mense ‘n booster shot kry 2mde na hul 2de shot. Hulle kan ‘n 4de shot kry, 3 maande na die derde shot. Dis die tipe van onwaarhede wat tot gevolg het dat jy nie ersntig opgeneem sal word nie. Veel meer as 10 miljard (billion) dosisse al toegedien sonder probleme, hoeveel veiliger wil jy nog he?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.