Covid-19-statistieke: Meer as 1 200 nuwe gevalle

(Foto: LUCA SOLA/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 578 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 250 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 1 578 450 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 54 285 nadat nog 48 sterftes aangemeld is: 11 in die Oos-Kaap, vier in die Vrystaat, vier in Gauteng, een in KwaZulu-Natal, 19 in Noordwes, vyf in die Noord-Kaap en vier in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 503 611 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 10 590 107 toetse vir Covid-19 gedoen, 22 514 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap196 03112,4%
Vrystaat88 2665,6%
Gauteng422 72026,8%
KwaZulu-Natal336 44221,3%
Limpopo63 8454,0%
Mpumalanga77 9194,9%
Noordwes67 2084,3%
Noord-Kaap39 6072,5%
Wes-Kaap286 41218,1%
Totaal1 578 450100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 539184 323169
Vrystaat3 84381 3413 082
Gauteng10 631409 2312 858
KwaZulu-Natal10 380320 8355 227
Limpopo2 26661 256323
Mpumalanga1 39375 740786
Noordwes1 72562 6942 789
Noord-Kaap89135 2893 427
Wes-Kaap11 617272 9021 893
Totaal54 2851 503 61120 554

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Liesel ·

Ek wonder wat is die daaglikse aansteek syfers van TB en Vigs?
Kan mense ook nie sien dat die syfers hoër is in die week en dan laer na naweke, mense laat toets in die week.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.