Covid-19-statistieke: Meer as 1 200 nuwe infeksies

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Nog 1 267 gevalle van Covid-19 is bevestig, wat die algehele syfer op 1 557 527 te staan bring, sê dr. Zweli Mkhize in sy daaglikse bywerking van die getalle.

Tot dusver het 1 482 682 mense reeds van die virus herstel – die herstelkoers staan steeds op 95%.

ʼn Bykomende 30 sterftes is aangeteken. Hiervan was een in die Oos-Kaap, vyf in die Vrystaat, 11 in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal en agt in Mpumalanga. Suid-Afrika se algehele sterftesyfer weens Covid-19 is nou 53 256.

Net minder as 30 000 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen.

Provinsie            Sterftes               Aktiewe gevalle

Oos-Kaap           11 374                 249

Vrystaat              3 722                    1 525

Gauteng             10 418                 2 405

KwaZulu-Natal  10 270                 5 786

Limpopo             2 243                    293

Mpumalanga    1 367                    808

Noordwes          1 526                    2 593

Noord-Kaap       840                       3 003

Wes-Kaap           11 496                 4 927

Totaal                  53 256                 21 589

Tot dusver is 288 406 gesondheidswerkers ingevolge die regering se Sisonke-program teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dirk Mostert ·

Ek is siek en sat vir die Covid-19 propaganda en onnodige ontwrigting van ons lewens. Die wereldwye regsaksie (Nurenberg 2), gelei deur Reiner Fuellmich, teen die “pandemie”-belhamels en meedoeners kan nie gou genoeg kom nie.

Charles ·

Dirk, jy weet en ek weet dit gaan nie gebeur nie, hier is ń totale aanslag om regte en vryhede van die gewone mens op aarde te vertrap.

Francois Le Cochon ·

Indien duisende wetenskaplikes dmv isotopiese toetse bewys dat lemoene vitamin C bevat, en ‘n paar prokukeurs dit afmaak as propaganda, hoekom die prokureurs glo?

Dirk Mostert ·

In hierdie geval word die prokureurs bygestaan deur mediese spesialiste. Het jy al ooit gehoor van “worlddoctorsalliance”?

Werner ·

Opmerklik om te sien hoe die Corona syfers altyd in die Maroela opskrif met so bietjie emosionele manipulasie gepaard gaan.

Pietertjie ·

Dit lyk my die statistiek loop dieselfde pad as die termometers waarmee ons gereeld gekonfronteer word. Ek het nog nooit ‘n lesing van meer as 37 grade teëgekom nie. Die meeste lesings varieer tussen 35 grade en 36,6 grade. Soos ‘n grammofoonplaat wat vasgehaak het. Ek het al verskeie termometer-operateurs gevra of hulle al iemand gemeet het waarvan die lesing hoog was. Slegs een persoon het een enkele geval gehad, maar die “verdagte” het ‘n rukkie later weer normaal getoets. Dit laat my wonder…

Carel Aaron ·

Covid Sars virus kom al jare aan. Die WGO en Sjina het dit n pandemie gemaak omdat die wêreld se 7 grotes by gesondheid inmeng oor geld.
2009 is daar met H1N1 Sars varkgriep 60k mense in SA dood en geen haan het daarna gekraai. Stop die C19 klug.

Carel Aaron ·

Ek het self varkgriep in 2015 gehad. Was 5 dae in n koma. Van die 7 wat daar gelê het, het net 2 uit gestap.

Daleen ·

So geen sterftes agv Covid in Wes-Kaap, Limpopo, Noordwes, Vrystaat en Noord Kaap aangemeld vir die afgelope 24 uur nie. Nee wat glo al lankal nie meer die syfers wat deurgegee word nie.

Johan D ·

Die nuwe infeksies, is dit per 24 uur siklus of wat?
Hoe word bereken of vasgestel hoeveel al herstel het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.