Covid-19-statistieke: Meer as 1 400 nuwe gevalle

(Argieffoto)

Suid-Afrika se bevestigde getal Covid-19-gevalle staan tans op 1 548 157 en 1 422 nuwe gevalle is bevestig.

Die herstelkoers staan steeds op 95% nadat 1 474 319 mense reeds van die siekte herstel het, sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, in sy jongste bywerking van die syfers.

Nog 58 sterftes is bevestig, wat die algehele sterftesyfer op 52 846 te staan bring. Een sterfte is in die Vrystaat bevestig, 23 in Gauteng, 23 in KwaZulu-Natal, twee in die Noord-Kaap en nege in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in die Oos-Kaap, Limpopo, Mpumalanga of Noordwes aangemeld nie.

Die getal aktiewe gevalle bly net-net onder 21 000, met die meeste aktiewe gevalle steeds in KwaZulu-Natal.

Aktiewe gevalle:

KwaZulu-Natal:  5 519

Wes-Kaap:          5 125

Noord-Kaap:      2 585

Gauteng:             2 486

Noordwes:         2 132

Vrystaat:             1 603

Mpumalanga:    1 042

Limpopo:            313

Oos-Kaap:           187

Totaal:                 20 992

Die getal gesondheidswerkers wat reeds teen die siekte ingeënt is, het teen Woensdagaand op 263 878 gestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Casper ·

Die Noord Kaap het ‘n groot gebied maar ‘n kleiner bevolking as Gauteng maar hulle het meer aktiewe gevalle as gangsters paradise wat dit bevolk is.Is die statistieke reg.

koos10 ·

In een dag verdrie dubbel die getalle, en net mooi saam met CR se nuwe reëls. Toeval??? Gemanipuleer???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.