Covid-19-statistieke: Meer as 1 500 nuwe gevalle

(Foto: Justin Tallis/AFP)

Terwyl talle Suid-Afrikaners wag om te hoor of die land se inperkingsmaatreëls weer verskerp gaan word, is nog 1 554 nuwe gevalle van Covid-19 bevestig.

Dit bring die algehele syfer op 1 541 563 te staan, terwyl 1 467 254 mense reeds van die virus herstel het. Dit is ʼn herstelkoers van 95%.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê in sy jongste bywerking van die syfers nog 163 Covid-19-verwante sterftes is ook bevestig. Hiervan was nege in die Vrystaat, 24 in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, 71 in Limpopo, 37 in Noordwes, 16 in die Noord-Kaap en een in die Wes-Kaap.

Die sterftesyfer weens die virus staan tans op 52 535. Geen nuwe sterftes is in die Oos-Kaap of Mpumalanga aangemeld nie.

Altesame 220 129 gesondheidswerkers is teen Donderdagaand teen die virus ingeënt.

Aktiewe gevalle:

  • KwaZulu-Natal: 5 735
  • Wes-Kaap: 4 925
  • Gauteng: 2 785
  • Noord-Kaap: 2 632
  • Noordwes: 2 224
  • Vrystaat: 1 521
  • Mpumalanga: 1 050
  • Limpopo: 705
  • Oos-Kaap: 197
  • Totaal: 21 774

Suid-Afrika het reeds meer as 9,7 miljoen toetse vir Covid-19 gedoen.

Gevalle per provinsie:

  • Gauteng: 412 539
  • KwaZulu-Natal: 333 357
  • Wes-Kaap: 281 822
  • Oos-Kaap: 195 114
  • Vrystaat: 82 581
  • Mpumalanga: 74 172
  • Noordwes: 63 196
  • Limpopo: 62 999
  • Noord-Kaap: 35 783
  • Totaal: 1 541 563

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Rentia ·

Betwyfel hierdie baie sterk. Is dit omdat Paasnaweek op hande is, en die regering ‘n verskoning nodig het om die inperking op te stoot? Groot verskuilde agendas is hier aan die gang.

Covid is eg, baie gevaarlik en maak dood JA, maar dit is en bly ‘n virus verwant aan verkoue. (Bron: WHO) Gaan ons ooit uit inperking kom!?

Jackie ·

Dankie vir die daaglikse covid-19 syfers, maar wat gebeur op die inentings front?

Alet ·

Afrika tyd. Teen die tempo van SA se inentings gaan ons nog paar jaar spook om net die helfte van die populasie gespuit te kry

Dirk Mostert ·

Enkele dae gelede was gevalle (3 syfers) en sterfte (2 syfers) op n laagtepunt. Nou is dit skielik weer 4 syfers en 3 syfers. Is toetsresultate teruggehou om ‘n ommeswaai te bewerkstellig?

SwartBees ·

My point precisely. Wil ek ook graag weet. Nog heeltyd is daar verskuilde agendas kort voor vakansie / paasnaweek / ens ens ens….

Jacobus ·

BellaFe ‘n goeie kommentaar – skielike styging in toetse en stilstand van vaksinering.

Oom Kaspaas ·

Die Herstel / aktiewe gevalle word ook terug gehou en dan skielik kry jy weer 30 000 recoveries op een dag, dit sal heelwaarskynlik net eers na Paasnaweek wees dat almal nie let dat daar NET +- 20 000 aktiewe gevalle is uit 59 miljoen mense

Jacobus ·

Die eind effek van 30% matriek. Mens vra jouself. Hoe weet die virus dis Paas tyd? O ja griep seisoen!
Daar is nou ‘n hernude poging van toetsing en met vaksiene teen ANC tempo. Dit gaan nie moeilik wees om die positiewe kurwe opwaarts te stuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.