Covid-19-statistieke: Meer as 1 500 nuwe gevalle

Die Covid-19-herstelkoers staan tans op 95%. (Foto: GCIS)

Suid-Afrika het 1 531 nuwe gevalle van Covid-19 bevestig wat die algehele getal op 1 532 497 te staan bring.

Die herstelkoers staan in hierdie stadium op 95% nadat 1 459 056 mense van die virus herstel het.

Meer as 9,5 miljoen Covid-19-toetse is in die land gedoen sedert die uitbreking van die pandemie, altesame 34 419 sedert die vorige verslag.

Die algehele sterftesyfer staan op 51 634 nadat nog 74 Covid-19-verwante sterftes bevestig is. Hiervan was een in die Oos-Kaap, 15 in die Vrystaat, 38 in Gauteng, vier in KwaZulu-Natal, een in Limpopo, sewe in Mpumalanga, twee in die Noord-Kaap en ses in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Noordwes aangemeld nie.

Daar is tans byna 29 000 aktiewe gevalle van die virus.

KwaZulu-Natal:  6 150

Wes-Kaap:          5 036

Gauteng:             2 685

Noord-Kaap:      2 170

Noordwes:         2 018

Vrystaat:             1 721

Mpumalanga:    1 039

Limpopo:            667

Oos-Kaap:           321

Totaal:                 21 807

Tot dusver is 168 413 gesondheidswerkers teen die virus ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jakez ·

“Daar is tans byna 29 000 aktiewe gevalle van die virus.”
Dink dit moet 22 000 wees?

Billy ·

My vriend is verlede vrydag getoets by sy werk. Resultate positief, vir hom en 6 ander. Maandag her toets, baas het n slang in die gras vermoed, almal negatief getoets… So daar is 1000de nuwe positiewe toetse, maar hoeveel mense is wel positief…

Dirk Mostert ·

Die positiewe toetse bly staan. Dit word nie gekanselleer deur die negatiewe uitslae daarna nie.

Jakes ·

Ek sal nie verbaas wees as paasnaweek weer n grendel tydperk gaan wees nie. Tot banke in SA voorspel al n derdevlaag so ek neem aan dat die bankwese ook nou baie wetenskaplikes in diens geneem het. Ek beskou hierdie daaglikse aankondigings as n spul snert wat deur allerlei ”kundiges” gemaak word. Hulle baseer hul voorspellings op grafieke en syfers wat as feite voorgehou word.

Baardman ·

Net 29 000 uit n bevolking van 59 miljoen het tans die virus. Belaglik om nog ingeperk te wees.

Francois Le Cochon ·

Baardman, jou kommentaar laat my dink aan die ou wat laat was vir ‘n afspraak en gebid het daar daar ‘n parkeerplek moet oopgaan. Toe gaan daar ‘n parkeerplek oop en hy se^ toe “toemaar Here, dit is nie meer nodig nie”.

Jo ·

Maar ons het net 160000 vaksienes gekry. Waar het die ekstra 8413 vandaan gekom?

cynthia ·

Die derde golf sal ons seker vir gerieflikheids halwe tref net voor paasnaweek of net na dit. Net om die ekonomie verder te verwoes.

Dirk Mostert ·

Die blou lyn (gevalle) en die bruin kolomme (toetse gedoen) in die boonste diagram se pieke en laagtes stem perfek ooreen op die tydskaal.

Hendrik ·

Waarom berig Maroela Media nie oor die jongste mediese navorsing wat bewys dat Ivermektien nie help teen Covid-19 nie? Komaan, ek ken julle as mense wat eerlik en deeglik rapporteer wat gebeur. Nou lyk dit asof julle wil wegsteek dat julle aanvanklike beriggewing oor Ivermektien verkeerd was. Ek ondersteun MM en Afriforum se aksies 9 uit 10 keer, maar hier was julle oorhaastig en het julle gehelp om ‘n klomp mense op hol te jaag met ‘n moontlike oplossing wat toe nie werk nie. Julle het dus nou ‘n verantwoordelikheid om dit reg te stel.

Dirk Mostert ·

Jammer, maar ek deel nie jou vertroue in “mediese navorsing” nie. Ek het al ‘n jaar gelede my vertroue in Suid-Afrika se medici verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.