Covid-19-statistieke: Meer as 1 800 nuwe gevalle

(Foto: Virginia Mayo/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 667 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 861 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 667 049 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 16 283 nadat nog 77 sterftes aangemeld is: sewe in die Oos-Kaap, agt in KwaZulu-Natal, 58 in Gauteng en vier in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 595 916 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 89,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 102 162 toetse vir Covid-19 gedoen, 18 405 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap88 56813,3%
Vrystaat45 3536,8%
Gauteng218 42032,7%
KwaZulu-Natal118 35017,7%
Limpopo15 0032,2%
Mpumalanga26 8424%
Noordwes28 6884,3%
Noord-Kaap15 7452,4%
Wes-Kaap110 08016,5%
Totaal667 049100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 09384 1081 367
Vrystaat83829 77814 737
Gauteng4 153193 99120 276
KwaZulu-Natal2 612108 9666 772
Limpopo38413 952667
Mpumalanga50925 338995
Noordwes35024 5263 812
Noord-Kaap18912 6152 941
Wes-Kaap4 155102 6423 283
Totaal16 283595 91654 850

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
M

Syfers word opgestoot sodat daar weer inperkings ingestel kan word…….

Barbara

Glo nie die syfers nie. Dis polities.

wim

Ek sien daar is ‘n probleem om herstelde gevalle in die Vrystaat op te dateer.

Volgens die groei dateer net ‘n klein deel van die gevalle uit die laaste twee weke, maar tog is ‘n derde van gevalle aktief.