Covid-19-statistieke: Meer as 10 000 reeds ingeënt

Die eerste Covid-19-inentings vind plaas by die Chris Hani Baragwanath-akademiese hospitaal in Johannesburg. (Foto: Verskaf)

Die departement van gesondheid het Saterdag aangedui dat 10 414 gesondheidswerkers teen 18:00 Saterdag reeds teen Covid-19 ingeënt is. Inentings het Woensdag in die Wes-Kaap en Gauteng begin, nadat die regering 80 000 dosisse van die Johnson & Johnson-entstof teen Covid-19 ontvang het.

Suid-Afrika het Saterdag 1 690 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld, waarvan die meeste (413) in Gauteng was. Altesaam 341 gevalle is in KwaZulu-Natal en 260 nuwe gevalle in die Wes-Kaap aangemeld.

Nog 81 mense is weens Covid-19 dood, van wie 29 in Gauteng, 23 in KwaZulu-Natal, 15 in die Wes-Kaap, drie in die Oos-Kaap, vyf in die Vrystaat en ses in Mpumalanga.

Hoewel Suid-Afrika teen Saterdag 1 502 367 gevalle sedert verlede Maart aangemeld het, het 1 409 553 (93,8%) reeds herstel. Volgens data wat die internasionale navorsingsorganisasie Our World in Data Donderdag bekendgemaak het, is die getal nuwe gevalle wat daagliks in Suid-Afrika aangemeld word boonop minder as die gemiddeld in die res van die wêreld. Volgens dié data is daar daagliks wêreldwyd 50 nuwe gevalle per miljoen mense, terwyl daar in Suid-Afrika 30 nuwe gevalle per miljoen mense aangemeld word.

Wêreldwyd het 107 miljoen mense reeds positief getoets vir die virus en 2,4 miljoen sterftes is aangemeld. Volgens data van die Wêreldgesondheidsorganisasie het die VSA steeds die meeste gevalle (27,6 miljoen) en sterftes (489 351) aangeteken. Meer as 2 300 nuwe sterftes is die afgelope 24 uur daar aangeteken. Indië het die tweede meeste gevalle (10 miljoen) en sterftes (156 212) aangeteken.

Die organisasie noem egter dat die aantal bevestigde gevalle wêreldwyd laer is as die aantal persone wat werklik Covid-19 opdoen, weens beperkte toetsvermoë.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

pestilensie ·

Wow , as hulle so aangaan , behoort ons in die jaar 2077 almal ingeent te wees . Wat n prestasie , ek kan nie wag

Snowball ·

As jy dink hoe lank dit geneem het vir die wiel om in SA aan te kom, nou ja….

Jedi Knight ·

Ek dink Gysbert sal n warm gevoel kry as jy van covid dooi.

Snowball ·

10 000. Baanbreker standaarde volgens dié misrabele regering. Dis Februarie 2021. Ander lande het al kudde immuniteit, julle klomp kommuniste.

Colette ·

Hoeveel gesondheids werkers van die privaatsektor is al ingeënt? Nog nie ‘n woord gehoor van entstof wat aan die privaatsektor verskaf is nie?

Janc ·

Ag ek is bly man. Nou kan ons sekerlik uit lockdown uit en begin normaliseer?

B ·

Wat jy waar kry? Daar word uitdruklik deur Fauci gesê dat indien almal inge ent is, ons nog steeds die maskers en sosiale afstande moet behou.

B ·

As die pcr toets more verdwyn dan verdwyn die virus. Ek wyer om ‘n eksperimentele inenting te vat. Ene wat met die mens se dna gaan peuter. Kary Mullis, die uitvinder van die PCR toets het uitdruklik gesê dat die toets nie gebruik kan word om virusse te toets nie. Die toets is ook net veronderstel om tot en met 35 siklusse te hardloop. Tans gebeur dit tot met 45 siklusse. Dit veroorsaak vals positiewes

Zombie ·

Bedoel jy dat as mens nie meer vir ń siekte toets nie, dan verdwyn die siekte?
Geld hierdie beginsel net vir die Coronavirus of vir ander virus-verwante siektes ook?

Francois Le Cochon ·

Zombie, dit geld vir alle siektes en kwale. As jy nie jou bloeddruk toets nie, sal jy nie hoe” bloeddruk he^ nie. As jy nie vir cholestrol toets nie, sal jy nie hoe” cholestrol he^ nie. Dieselfde geld vir kanker, TB, maagswere en vele meer asook onoselheid.

Thom ·

Die toets vir onnoselheid is of ‘n persoon agter die breindooies aanhardloop wat propageer dat die virus ‘n foefie is ___ doen jy dit is jou toets onteenseglik positief .

Charles ·

B, jy is korrek, pcr toets tel afval van virusse ook op, maar jaag darem getalle van positiewe gevalle op sodat almal in vrees kan leef en ń eksperimentele enstof aanvaar.

Janine ·

So trots op hulself terwyl ander derduisende per dag inent.. Wat ‘n skande!

Jan ·

Wat ‘n grap! Die entstofvervaardigers maak lekker geld met ‘n verouderde entstof wat nie werk vir die nuwe variante nie en almal juig daaroor! Intussen gaan ons voort om ons immuniteit met angstigheid weens maskerdra, isolasie ens. af te takel sodat die nuwe variante wat kom (dit gebeur al van die begin van tyd af) ‘n groter impak kan hê om die vraag na entstowwe ‘n verder hupstoot te gee. Geen aandag ook aan entstowwe se newe-effekte nie, dit pas nie die verkopers nie.

Jack ·

Ongelukkig die tempo waarteen alles in ons land werk. Die virus gaan waarskynlik nog 20 keer muteer voordat ons staat by die punt van kudde immuniteit uitkom. Uiters selfsugtig om die bekwame privaatsektor uit te sluit. Ek sal gelukkig nie die einde van die veldtog sien nie weens my ouderdom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.