Covid-19-statistieke: Meer as 10 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 883 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 10 008 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 883 687 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 23 827 nadat nog 166 sterftes aangemeld is: 89 in die Oos-Kaap, nege in die Vrystaat, 10 in Gauteng, 25 in KwaZulu-Natal, twee in Limpopo en 31 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 774 585 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 5 968 692 toetse vir Covid-19 gedoen, 48 118 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap153 08517,3%
Vrystaat60 0016,8%
Gauteng249 18128,2%
KwaZulu-Natal146 81916,6%
Limpopo19 5612,2%
Mpumalanga32 5533,7%
Noordwes36 0634,1%
Noord-Kaap23 8502,7%
Wes-Kaap162 57418,4%
Totaal883 687100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap5 770132 75214 563
Vrystaat2 10053 6634 238
Gauteng5 135232 67711 369
KwaZulu-Natal3 510121 74621 563
Limpopo52218 210829
Mpumalanga61731 172764
Noordwes57134 1161 376
Noord-Kaap37221 4991 979
Wes-Kaap5 230128 75028 594
Totaal23 827774 58585 275

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Dirk Mostert ·

Byna 50,000 toetse binne 24 uur. Geen steen word onaangeroer gelaat om die Tweede Golf te “boost” nie. Intussen was daar reeds 2 Pfizer-20 sterftes en 137 allergiese gevalle kort na inentings. In die Bartlett-hospital in Juneau, Alaska is ‘n gesondheidswerkster (sonder allergie-geskiedenis) Dinsdag opgeneem met gesig-en bors-uitslag, kortasem en hartkloppings. Die WGO en regerings sou ook ‘n “tally” van daaglikse en progressiewe totale Pfizer-20 gevalle en sterftes saam met Covid-19 statistieke verskaf, as hulle eerlik was.

Gideon ·

Die hoeveelheid toetse uitgevoer styg omdat meer mense vermoed dat hulle die virus opgedoen het. Niemand word gedwing om getoets te word sodat dit “geboost” word nie.

Francois Le Cochon ·

Jy kan jou nie laat toets as jy “vermoed” nie. Jou dokter moet kan bevestig dat daar ‘n mediese rede is getoets te word.

Gideon ·

Korrek. Jy moet deur jou dokter werk as jy vermoed jy het dalk die virus.

Alleen Wolf ·

So, wie se die toetse is werklik gedoen, dis blote “Satistiek” wat ons almal weet meesal gemanipuleer kan word om die prentjie weer te gee wat vaarvoor dit bedoel is.

Charles ·

Rockefeller stigting se “Lockstep” wat 10 jaar terug gepubliseer is nou in werking.

Francois Le Cochon ·

Dirk, jy versprei fopnuus. Die 2 sterf gevalle waarna jy verwys, was deel van die proefneming, en hul sterfte was nie verwant aan die entstof nie. So ook die wat allergie getoon het. Die allergie was nie entstof verwant nie.

Dirk Mostert ·

Die twee het wel die entstof gehad. Vier ander sterftes het “placebo” inentings gehad.
Jy raai oor die allergie. Dis nie fopnuus nie. Jy is net minder ingelig as ek.

Kobus ·

@ Francois, Gideon, Piet, ek dink ons voer n verlore stryd. Die andersdekendes bestaan uit 4 skole. Die volstruisskool, ontken net die bestaan van die virus en dit verdwyn. Die conspiracyskool, is net WHO, NWO, China, 5G network ens, die Ramboskool, bring die virus, ek is nie bang nie, ek skil hom af soos n goedkoop markpiesang, die alswetendeskool, weet beter as enige wetenskaplike of medici. En as jy durf n ander opinie gee, is dit vatso, afduimpie vir jou????. Sterkte mense, ek hoop werklik dat die kerstyd vrede en hoop Sal bring en 2021 beter Sal wees vir almal. Die ellende en hartseer wat die virus veroorsaak is onbetwisbaar. Daar is soveel families wat die kerstyd sonde n geliefde gaan wees en ek dink in besonder aan julle.

Alleen Wolf ·

Omtrent, wonder wie sorg vir hom, het seker nog nie ‘n dag se inkomste verbeur nie nes al die regerings amptenare en politici, OEPS, amper vergeet ek, Ramaphosa en sy kabinet het darem ‘n halwe maand se salaris ingeboet, dit moes uiters traumaties gewees het vir hulle.

Ansie ·

Wat my verstom is dat die persone wat verantwoordelik is vir die plekke waar “super spreaders” plaasvind, nie summier in hegtenis geneem word vir oortreding van die regulasies nie. Waarom was rages toegelaat. En watter ouers is so onnosel en traak-my-nieagtig om hulle kinders toe te laat om dit by te woon?

Johann ·

Wat my stom slaan is dat die ANC dink ons glo n WOORD of n STATISTIEK wat hulle vrystel? Hoe en hoekom sal n totaal onbevoegde ongekwalifiseerde staatsdiens die dag na die uitbreek van die pandemie skielik weet wat hulle dien en dit reg doen? Rookskerm en verskoning om te gryp en vergryp en deur te druk met hulle kommunistiese obsessies.

Francois Le Cochon ·

Laat weet die regering jy is meer bekwaam en weet van meer, en dat jy alles wat hul wil vrystel, eers sal korrigeer voor dit vrygestel word, sodat almal in SA die korrekte inligting wat jy het sal kry.

Allop ·

As ek na die statistiek hierbo kyk lyk dit vir my of 14.7% van die getoetstes positief getoets is . Sal graag wil weet of die positiewe gevalle ook volgens hulle rassekwotas verdeel is.

annie ·

Die entstof wat teen sowat -80° verkoel moet bly, bevat heel moontlik suiwer alkohol as basis omdat dit eers hier teen -114° vries. Van die mense wat reeds ‘n eerste dosis ontvang het, sè glo hulle voel baie goed net daarna. Die skok van die koue skop kan dalk by party ander ander effekte hè… praat nie van moontlike allergiese reaksies by sommiges nie tov die res van die bestanddele.

Lorette ·

Kan Gauteng se sterfgetalle reg wees in verhouding met hulle positiewe gevalle? Het hulle baie beter mediese behandeling as die res van die land?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.