Covid-19-statistieke: Meer as 11 000 nuwe gevalle aangemeld

Nios dui aan dat 575 mense Dinsdag weens die virus in die hospitaal opgeneem is. (Foto ter illustrasie: Go Nakamura/Getty Images/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Dinsdagaand bevestig dat Suid-Afrika nou meer as 1 843 572 bevestigde Covid-19-gevalle het, waarvan die meeste nuwe gevalle wéér in Gauteng aangeteken is.

Altesaam 11 093 nuwe gevalle is in die land aangemeld waarvan 7 471 in Gauteng aangeteken is.

Die totale bevestigde gevalle wat al in Gauteng aangeteken is staan dus nou op 567 681.

Die Oos-Kaap en Vrystaat het onderskeidelik 385 en 365 nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken terwyl daar 294 nuwe gevalle in Mpumalanga, 263 in Limpopo en 197 in die Noord-Kaap aangemeld is.

Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers vir Suid-Afrika 23,7%.

Volgens statistieke is 59 092 mense tot dusver weens Covid-19 dood nadat nog 297 sterftes Dinsdag aangemeld is. Nios dui verder aan dat 575 mense Dinsdag weens die virus in die hospitaal opgeneem is.

Maroela Media het onlangs berig dat veral Gautengse hospitale tans groot druk weens die pandemie ervaar.

Die jongste herstelkoers is tans 90,3% en altesaam 2 229 242 mense is teen Covid-19 ingeënt.

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
annie

Meelopers van covid en die behandeling van siekes moet dringend aandag kry. Swamme en weerstandigheid teen antibiotika en ander medikasie word in die buiteland ‘n ernstige probleem. Oordosering laat die immuunstelsel verlam en swak higiène veral in hospitale laat super-kieme floreer waarteen geen verweer is nie. Wat maak hospitale met gebruikte linne en apparaat van ‘n ernstige sieke? Gewas en gereining vir hergebruik, welwetende dat dit net skyn is? Massa-immunisasie is nog ‘n kritiese saak waar streng reèls voorgeskryf word? Groot ‘show’ maar virusse et al regeer.

Roneldi

Die aktiewe gevalle vir Gauteng…567 681 ??

Samuel

Strenger higiëne moet toegepas word. Mense steur hulle eenvoudig nie aan die nie-farmaseutiese voorkomingsmaatreëls nie.

Boon

Gaan na vlak 4 en beperk alle reise binnelands. Hospitale is oorlaai.

Anton

All we need is two weeks to flatten the curve