Covid-19-statistieke: Meer as 11 000 nuwe gevalle

Minister Zweli Mkhize. Foto: @DrZweliMkhize/Twitter

Suid-Afrika het reeds meer as 470 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 471 123 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 7 497 nadat nog 240 sterftes aangemeld is: 34 in die Oos-Kaap, 156 in Gauteng, 27 in KwaZulu-Natal en 23 in die Wes-Kaap.

Suid-Afrika het tot dusver 2 873 163 toetse vir Covid-19 gedoen, 42 528 sedert die vorige verslag. Tot dusver het 297 967 mense reeds van die virus herstel.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap1 57962 371
Vrystaat1542 178
Gauteng1 836105 614
KwaZulu-Natal71232 483
Limpopo673 637
Mpumalanga656 393
Noordwes727 181
Noord-Kaap291 275
Wes-Kaap2 98376 835
Totaal7 497297 967

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter ·

Ja en mense sterf van ander oor sake maar als is covid. Jy en jou ANC regering maak my siek nie jy of jou regering weet wat is die ware syfers nie julle raai.

marius ·

Veels geluk . Minimum van 100 in ‘ n taxi en 10 000 op ‘ n begrafnis , nooi sommer die hele parlement uit . Hul kamerade stel mos die voorbeeld

Maria ·

Die mense wat die virus opdoen ten spyte van alle reëls oortree, is min, en die sterftesyfer ook. Tyd dat die hele ‘lockdown’ be-eindig word. 50% Werkloosheid is die grootste moordenaar onder honger mense

Kobus ·

Hoe meer mense hulle aanteken as sterftes aan Covid-19 hoe meer geldelike hulp gaan hulle kry van oorsee af, want shame, Suid Afrika probeer, maar hulle sukkel want hulle het nie geld nie.

Simon ·

Nee kyk, hulle is baie trots op hul 5de plek. Hulle veg moedig voort on die 1ste plek te behaal.

A.S ·

Hierdie lockdown word reeds misbruik en moet ten volle be-eindig word!!! Die verbod op sigarette moet ook dringend gelig word want mense “ZOL” nou meer as ooit omrede die pryse so belaglik is en soveel dit net nie kan bekostig nie so wat gebeur… “sharing is caring” wat die risiko nog groter maak.

piper ·

wat van die hordes wat die 50 mense reel elke dag verbreek by regeringsinstellings soos die poskantore binnelandsesake ens. as jy soontoe moet gaan moet n dag se verlof insit en jy is gelukkig as jy in een dag regkom. selde vir bestuurslisensies.

Jakes ·

Die syfers wat daagliks bekendgemaak word is baie ver van korrek af. N professor het nou onlangs genoem dat die ware syfers eerder met 7 gemaal moet word. Indien die sterftesyfer korrek is, is dit in elk geval baie laag en sal ek graag wil weet hoeveel van hierdie sterftes werklik agv die virus was. Die herstelkoers wat daagliks bekendgestel word is n grap. Hoe word dit vasgestel want jy kan slegs weet dat jy herstel het nadat jy weer getoets is.

Riaan ·

Die hele patalje word gedruk in die rigting van ‘n verpligte entstof. Kyk gerus na die onderhoud/ dabat tussen Robert F. Kennedy, Jr. en Alan Dershowitz op youtube. In pandemie plaas jy nie sensuur op behandelinge nie, jy doen ordentlike navorsing en sif die kwaksalwery van die ware Jakob uit. Sodat die beste behandeling te voorskyn kom. ‘n Entstowwe hoef nie die enigste antwoord nie…

Bernard ·

En die sterftesyfer ( bevestigde getalle) bly steeds 0.0159% – tot die regering se irritasie, want dis toenemend moeilik om die “pandemie” suksesvol te “bemark” met sulke onindrukwekkende syfers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.