Covid-19-statistieke: Meer as 11,3 miljoen ten volle ingeënt

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 520 nuwe gevalle van Covid-19 is in Suid-Afrika bevestig, nadat 591 bykomende gevalle ʼn dag tevore aangemeld is.

Die algehele getal laboratoriumbevestigde gevalle staan in hierdie stadium op 2 918 366 en 2 810 316 mense het reeds van die siekte herstel.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê nog 81 sterftes is bevestig, wat die sterftesyfer op 88 835 te staan bring.

Nes ʼn dag tevore is die meeste nuwe gevalle steeds in KwaZulu-Natal (19%), gevolg deur die Wes-Kaap (17%), Gauteng en die Noord-Kaap (14% elk), die Vrystaat (13%), Noordwes (8%), die Oos-Kaap (7%), Mpumalanga (6%) en Limpopo (2%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 34
  • Vrystaat: 69
  • Gauteng: 74
  • KwaZulu-Natal: 100
  • Limpopo: 12
  • Mpumalanga: 32
  • Noordwes: 39
  • Noord-Kaap: 71
  • Wes-Kaap: 89
  • Totaal: 520

Net 1,6% van koronavirustoetse wat gedoen word, is positief en altesame 31 913 toetse is sedert ʼn dag tevore gedoen.

Nog 62 mense is in hospitale vir behandeling van Covid-19 opgeneem en in hierdie stadium is 4 413 mense landwyd in hospitale weens die virus.

Altesame 201 666 dosisse entstof is Donderdag toegedien en volgens die departement van gesondheid is meer as 14,5 miljoen mense reeds teen die virus ingeënt. Dit is sowat 36% van Suid-Afrika se algehele volwasse bevolking.

Meer as 11,3 miljoen mense is reeds ten volle ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jacob ·

Is dit nie raadsaam om te kyk na wat in die Amish gemeenskappe van VSA gebeur het nie? Die mense het Covid 19 entstowwe geweier, inperkings en die verbod op samekoms van mense soos byvoorbeeld kerkbyeenkomste, ignoreer. Talle het siek geraak, maar geweier om na ‘n hospitaal te gaan.

Op 27 Maart 2021 word aangekondig dat 90% van die Lancaster Amish gemeenskap Covid 19 gehad het en dat die gemeenskap kudde immuniteit bereik het. Op 26 Mei 2021 word kudde immuniteit onder die Pennsylvania Amish gemeenskap verklaar.

Kudde immuniteit teen Covid 19 is moontlik, net nie met Covid 19 entstowwe nie. Dit is ook so volgens Dr Anthony Fauci se mening, maar ons moet maar uiters versigtig wees om sy woord te vat.

Dit moet elkeen se keuse bly hetsy hulle die entstowwe wil neem of nie, maar is ons nie besig om meer mense op die langtermyn dood te maak met entstowwe nie?

Andre ·

Fauci se menings verander soos die kleur van verkleurmannetjies. Soos sy masker wat dood veroorsaak het, nou moet almal dit dra. M?

KB ·

‘n Virus is só klein, dit slegs mbv ‘n mikroskoop (elektronmikroskoop) bespeur word. En die gaatjies in ‘n masker…hoe groot is dit?!
Dis soos ‘n vlieg wat deur ‘n oop deur vlieg!
Nou wil julle my kom oorreed dat maskerdra die verspreiding gaan voorkom???
Dink weer.

Alida ·

Om hierdie tipe kudde-immuniteit te bereik, word gewoonlik heelwat lewens opgeoffer van kwesbares soos bejaardes en mense met leefstylsiektes. Omdat die Amish fisies harde werk op hulle plase doen, is hulle waarskynlik gesonder en fikser as die meeste Westerse mense. Ek is baie bly dat dit vir hulle so goed uitgewerk het, maar vir die meeste bejaardes, oorgewig mense en mense met leefstylsiektes is die uitkoms van infeksie met Covid ernstige siekte of die dood. Daarom is baie mense se persoonlike keuse die inenting.

Andre ·

Alida, dis soos jy sê. Maar watter voordeel het die spuit? En daardie nie doodgaan nie is so vals as kan kom.

Erik ·

Jacob, ek hoor jou.

MAAR:

1. Wie is dood a.g.v. die entstowwe?
2. Hoeveel lewens is al gered a.g.v. die inenting?

Erik ·

André, daar is wel amper 5 miljoen mense dood wat nie ingeënt is nie, dis ‘n feit.

Andre ·

Erik, dis ‘n feit soos ‘n klip wat op water dryf. Vals nuus.

Jacob ·

Erik, daar is mense dood a.g.v. entstowwe en daar is mense dood met entstowwe en dit is hoekom ek glo dat dit ‘n persoonlike keuse moet bly. Dit is duidelik uit die onafhanklike Israeliese studie dat virusladings en aansteeklikheid onder die wat ge-ent is en die wat nie is nie, nie noemenswaardig verskil nie, dus stel ek wat natuurlike immuniteit het sonder entstof niemand in gevaar nie. Ek was bereid om die risiko te neem, maar ek respekteer die keuse van die wat die entstowwe wil neem of geneem het.

Erik ·

Jacob en Andre, my beste vriend werk in ‘n Covid ICU, en daar is nog niemand oorlede in hulle ICU wat ten volle ingeënt was nie. Dis nou stiller, maar die ICU was vol van mense wat nie ingeënt was nie, en baie is oorlede. Daardie mense sou dus nog gelewe het indien hul ingeënt was. Gaan praat asb. met personeel wat direk met Covid pasiënte werk i.p.v om jul eie navorsing te doen.

Andrè as jy dink Covid sterftes of Covid is vals nuus, dan hoe verklaar jy die oorvol hospitale en sterftes tydens piek tye? Vals nuus? Akteurs? Ek ken baie mense wat oorlede is aan Covid, van hul was jonk, gesond, ken selfs van hul wat nog Comrades gehardloop het onlangs.

Andre ·

Erik, ek is jammer vir jou. Maar vind tog uit wanneer is iemand as volledig ingeënt verklaar, en hoeveel van daardie ongeënte mense was dus wel geënt. En hoeveel covid paiënte was vals positiewe toetse.

Casper ·

My persoonlike mening is dat die nuwe gevalle wat aangemeld word beduidende afneem maar daar is tog nuwe gevalle en sterftes.Van die gevalle wat aangemeld is gaan daar nog hospitalisasie wees en nog sterftes en dit sê vir my die pandemie is nog nie onder beheer nie.Nou lê die feesgety voor en mense gaan oor landsgrense heen reis en dit is onafwendbaar dat infeksies gaan styg.Ek hoop ek is verkeerd Maar ek bid dat mense steeds veiligheidsmaatreëls sal gehoorsaam.

Charles ·

Elkeen sal maar die gevolge dra van sy keuses, uitsluiting van samelewing of newe effekte van die entstof.

Oom Kaspaas ·

En ons wat nie newe effekte het of hoef te worry oor uitsluiting ???

Andre ·

Tog eienaardig, eers was kinders vrygestel van maskers omdat die gogga hulle nie kan pla nie. Nou moet hulle gespuit word. Seker omdat hulle nog altyd soek daarna. M?

piet ·

Klein kinders was nie voor die Delta variant eintlik vatbaar nie. Die nuwe variant is nou ewe vatbaar vir oud en jonk, dis hoe ek dit verstaan in elk geval.

Andre ·

Piet, hulle kon nog nooit eers die eerste variant wys wat ge-isoleer was nie. Maar jy glo die delta? Modereerder, gee tog antwoord, moenie net verwyder nie.

Andre ·

Eienaardig tog. Niemand sal ‘n nuwe voertuig koop sonder waarborg nie, maar spuite word maklik aanvaar. M?

Anoniem ·

Vermoed jy het die op younews of so iets gekry, doen bietjie “navorsing” nie die waarheid nie.

Owlie ·

Entstowwe word af gedwing maar niks word gesê oor politirke by eenkomste, staking en optoelectronic en vele meer sonder social distancing en/of maskers nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.