Covid-19-statistieke: Meer as 12 000 nuwe gevalle in SA aangemeld

Argieffoto ter illustasie (Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

Altesaam 434 200 mense in Suid-Afrika het nou reeds positief getoets vir Covid-19 nadat 12 204 nuwe gevalle van die koronavirus sedert die vorige 24-uur-siklus in dié land aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 312 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in Gauteng (209), die Oos-Kaap (44), KwaZulu-Natal (37), die Wes-Kaap (18) en die Noord-Kaap (4) aangemeld.

Dit bring die land se dodetal op 6 655 te staan.

Volgens Mkhize het 263 054 pasiënte in Suid-Afrika reeds herstel – ʼn herstelkoers van 60,6%.

Nog 46 324 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 2 730 812 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap1 45057 531
Vrystaat632 064
Gauteng1 53592 346
KwaZulu-Natal60221 251
Limpopo333 243
Mpumalanga524 995
Noordwes485 447
Noord-Kaap271 190
Wes-Kaap2 84574 987
Totaal6 655263 054

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Piet

AP – KZN kom ook nou by. Gaan ook later meer as die Wes-Kaap wees.

Elsie

Hoeveel is oorlede van covid en hoeveel is van natuurlike oorsake want deesdae word alle sterftes as covid geidentifiseer?

Dirk Mostert

Dr. Mkhize, die herstelkoers is NIE 60.6% nie, maar 97.5% = hersteldes/(hersteldes + sterftes). Die res van die gevalle het nog nie besluit of hulle gaan herstel of sterf nie. Die sterftekoers = sterftes/(sterftes+hersteldes) = 2.5%. Vergelyk Covid19 met jaarlikse sterftes vir griep,verkoue,longontsteking en TB, dan regverdig Covid19 nie pandemie-status nie. Al die ontwrigting en ekonomiese skade plaaslik en internasionaal berokken deur die grendeling was/is onnodig.
Jair Bolsanaro (Brasilie se president) toets nou negatief nadat hy 3x positief getoets het. Hy het nie hospitaalbehandeling ontvang nie, maar met gebruik van kinien tuis herstel.