Covid-19-statistieke: Meer as 12 500 nuwe gevalle

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Nog 12 528 pasiënte het positief getoets nadat meer as 56 000 Covid-19-toetse landwyd in die laaste siklus van 24 uur uitgevoer is.

Minstens 2 447 454 Suid-Afrikaners het nou reeds Covid-19 opgedoen.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) verteenwoordig die jongste toename in gevalle ʼn positiwiteitskoers van 22,3%.

Maroela Media het vroeër berig die positiwiteitskoers het presies ’n maand gelede op 27,6% gestaan toe meer as 19 000 nuwe gevalle aangemeld is. Gauteng was in daardie stadium verantwoordelik vir meer as helfte (57%) van die nuwe gevalle.

Luidens Nios se jongste verslag kom die meeste van die nuwe gevalle nou ’n maand later in die Wes-Kaap (27%) gevolg deur Gauteng (22%) en KwaZulu-Natal (18%) voor

Mpumalanga het op sy beurt 8% van nuwe gevalle aangemeld gevolg deur die Oos-Kaap (7%) en Noordwes (6%). Die Vrystaat, Limpopo en die Noord-Kaap het elk 4% van die nuwe gevalle aangemeld.

Nog 334 sterftes is intussen aangemeld. Dit bring die land se dodetal op 72 013 te staan.

Daar is tans 153 103 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika terwyl minstens 2 222 338 mense tot dusver van die virus herstel het.

ProvinsieNuwe gevalle op 31 Julie 2021Totale gevalle tot en met 31 Julie 2021
Oos-Kaap845228 291
Vrystaat515129 201
Gauteng2 763861 539
KwaZulu-Natal2 289395 561
Limpopo487111 437
Mpumalanga1 025125 164
Noordwes718128 154
Noord-Kaap47367 494
Wes-Kaap3 413400 613
Totaal12 5282 447 454

Nog 348 Covid-19-pasiënte is intussen in hospitale in Suid-Afrika opgeneem. Altesame 15 923 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Altesame 34 422 inentings is sedert die vorige verslag gedoen. Meer as 7 miljoen mense in Suid-Afrika is tot dusver teen Covid-19 geïmmuniseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

annie ·

56 000 toetse in een dag… Wie glo dit? Is ons nou besig met ‘n grootse WHO-hoo-hoo-spel om wie te beïndruk met syfers? Na soveel jare gaan die vreemdste inligting na vore kom…. Hoeveel mense sou ook onnodig gesterf het as deel van die groot opvoering.

MakersMark ·

Het jy die toetse self getel ? En die 56000 toetse is in SA hoe sal die WHO dit beinvloed? Hoe laat toetse mense onnodig sterf ? Kan jy mediese en wetenskaplike feite verskaf asseblief ? Of is die maar deel van die vrees verkoperery ? Altyd iets “wat nog sal gebeur” ipv die feite van wat reeds gebeur het. Al wat na jare sal deurskemer is dat CV19 ‘n virus is soos vele ander waarvoor die wetenskap inentings ontwikkel het en dat dit redelik intelligent was om die feite te glo en ‘n inenting te geneem het. Bygelowe word deur feite weergelê.

Kenneth ·

Hier is vir jou n feit: Hierdie eksperimentele entstof is nie deur die FDA (Food & Drug Administration) goedgekeur nie….slegs toegelaat onder die EUA-act (emergency use authorization)

Gideon ·

Ek glo dit ook. Dalk moet jy verduidelik hoekom ons dit nie moet glo nie

Snowball ·

Voorspellings en gesigte à la die orakel van Grootoogpan net duskant die Kammalielievlaktes?

MakersMark ·

En weereens is die vreesverkopers en snertpraters super aktief….

MakersMark ·

Dra jou masker hou sosiale afstandhouding en kry jou vax dan het domhan niks te vrees nie.

MakersMark ·

Kyk as logika jou bang maak seker ja. Maar ongelukkig vir die balhoriges, hardhorendes en die wat glo in samesweringsteoriee sal hul maar moet aanpas en die inenting kry anders gaan dit ongemaklik raak in die samelewing……

penny ·

Ek was vir die toets en daar is baie mense wat besig was om te toets. Dit is besig en realiteit! Gaan kyk as jy net jou eie oë kan glo Annie!! Ek dank die mensies wat hulle lewens so op die spel plaas om ander te help en so hard werk. Mense wat nie in die virus glo nie, het dit nog nie ervaar nie… Bid dat God julle sal beskerm van die hartseer en bekommernis oor geliefdes…

Charles ·

Is wetenskap nog wetenskap as dit nie bevraagteken mag word nie?

Francois Le Cochon ·

Charles, ek wonder wat ‘n wetenskaplike vir my gaan se^ as ek as ‘n leek dit wil bevraagteken of lemoene werklik vitamien C bevat.

Charles ·

Los die lemoene, en vra eerder vir jouself iets soos, is dit gesond om heeldag met ń masker oor jou mond en neus rond te loop?

MakersMark ·

Vra dokters wat 18 uur ‘n dag maskers dra om CV19 pasiente te behandel. Hul doen dit al 18 maande.

Snowball ·

Bevraagteken mens die wetenskap korrek deur middel van sosiale media of deur ongetoetste teorieë as evangelie te verkondig of te glo?
Hopelik gebruik jy erkende wetenskaplike prosesse en metodes om inligting te staaf of te weerlê?
Twitter, Facebook, Instagram en Maroela media se kommentaar is nie die geloofwaardigste platvorms om die wetenskap te bevraagteken nie. Veral waar daar mense is wat nie mooi begryp wat ‘n virus is nie.

Jax ·

Wees baie dankbaar as hierdie virus nog nie jou familie en vriende getref het nie. Wees dankbaar as jy nie nodig het om, as deel van jou beroepkeuse, dag na dag te moet omsien na mense wat hard getref is deur die virus en/of daaraan dood is nie. As jy dink hierdie virus is sommer net nog n gogga, moet jy baie hard begin bid en hoop dat dit jou en/of jou geliefdes nie tref nie! Dis aaklig om te moet aanskou hoe mense veg vir n asemhaling en dit terwyl hulle familie en vriende by die huis moet bly en hoop om n weersiens (lewendig en nie reeds dood). Klim uit jou watte-wêreld, maak jou oë oop en gebruik vir n slag jou gesonde verstand. Ek het, sedert Januarie 2021, meer as 20 mense aan Covid verloor (13 familie lede en 9 vriende).

AH ·

Ek het gister my man aan Covid verloor……Ek het dit ook gekry maar is nou gesond. Die virus slaan vinnig en onverwags toe. My man het goed verbeter en toe ‘n vinnige insinking gekry en gesterf

Kobus ·

My meegevoel met jou verlies Jax. Ek verstaan nie die afduimpies nie, werklik! Is dit omdat jul voel jul hoef nie dankbaar te wees dat Jul nog nie n geliefde verloor het nie, is dit omdat Jul steeds dink is nog net gogga, is dit omdat jul dink mense sterf aan asemnood is nie so erg nie, of is dit dat jul net die dom is om te besef en redeneer met afduimpies… het jul ooit na die middeleeue aanbeweeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.