Covid-19-statistieke: Meer as 13 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika se positiwiteitskoers vir Covid-19 staan tans op 23,7% en 13 155 nuwe gevalle van die koronavirus is deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) bevestig.

Daar was teen Sondagaand 117 114 aktiewe gevalle van die virus.

Tot dusver het altesame 1 823 319 mense positief vir Covid-19 getoets en 55 593 toetse vir die virus is in die voorafgaande 24 uur gedoen. Altesame 1 647 503 mense het reeds van die virussiekte herstel.

Nog 112 Covid-19-verwante sterftes is bevestig, wat die algehele sterftesyfer op 58 702 te staan bring.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (66%), gevolg deur die Wes-Kaap (6%). Die provinsies word gevolg deur Noordwes (6%), KwaZulu-Natal (4%), Mpumalanga (4%), die Oos-Kaap (3%), die Vrystaat (3%), Limpopo (3%) en die Noord-Kaap (2%).

Nuwe gevalle:

  • Oos-Kaap: 382
  • Vrystaat: 360
  • Gauteng: 8 640
  • KwaZulu-Natal: 574
  • Limpopo: 407
  • Mpumalanga: 559
  • Noordwes: 759
  • Noord-Kaap: 308
  • Wes-Kaap: 1 166
  • Totaal: 13 155

Nog 611 mense is sedert die vorige verslag in hospitale landwyd opgeneem.

SektorHospitaalopnames tot dusverSterftesTans opgeneem
Privaat137 02822 1266 208
Staat153 72336 5783 136
Totaal290 75158 7049 344

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Francois Le Cochon

Dit lyk of Vlak 5 die enigste oplossing gaan wees. Dis jammer dat die ongehoorsames verhoed dat die hele bevolking so vinnig moontlik na normaal kan terugkeer. Die ongehoorsames is soos ‘n betoger wat in die oggend vir die bus wag wat hy die vorige dag aan die brand gesteek het, en dan weer betoog oor swak busdiens.

Samuel

En steeds steur die mense, wit en swart, hulle nie aan die basiese reëls van afstandhouding, maskers dra en handewas nie.

Piet

Kry nou end. Fokus op meer waardevolle getalle bv hospitalisasies ens. Moet dit nie terloops laaste noem nie. Die meeste herstel, so die (13000+) getal is najaag van sensuur en “bangmaak” tegniek.

Chris

Wat se die statistieke HOEVEEL MENSE WAT REEDS INGEENT IS IS ONDER 13000+ GEVALLE????

Chris

Dankie Koos ek vertrou jy is n statikus of het ware inligting of is dit net jou opinie?