Covid-19-statistieke: Meer as 14 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 2 568 500 bevestigde Covid-19-gevalle met 14 271 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat 2 568 511 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 22,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (26%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (25%) en Gauteng (16%). Die totale aktiewe gevalle is 147 368.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 76 247 nadat nog 473 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 344 896 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 91,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 15 426 667 toetse vir Covid-19 gedoen, 63 369 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 579 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 14 670 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 9,1 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap1 546239 166
Vrystaat779134 905
Gauteng2 259884 147
KwaZulu-Natal3 603421 153
Limpopo425115 421
Mpumalanga876133 240
Noordwes731134 414
Noord-Kaap35171 460
Wes-Kaap3 701434 605
Totaal14 2712 568 511

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap13 102217 643
Vrystaat5 951116 153
Gauteng17 915848 162
KwaZulu-Natal12 213372 765
Limpopo3 673108 090
Mpumalanga1 782124 991
Noordwes3 321109 723
Noord-Kaap1 83764 399
Wes-Kaap16 453382 970
Totaal76 2472 344 896

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dirk Mostert

Steeds word die aantal geentes onder die statistieke verswyg. Ek het persoonlike ondervinding van korrupte staatsdepartemente, maar verneem graag of daar uitsonderings is.

Jaco

Gister nog was KZN die episentrum. Vandag is dit weer die Wes-Kaap, waar daar geen onluste en super-verspreiding was nie. Die hele Corona ding is seker maar net ‘n anti-DA ding. Plaas die Wes-Kaap op vlak 5 van inperking en “straf” so die kiesers in die Wes-Kaap wat nog vir “die rassistiese DA” stem. Sugarcoat dit net alles met mooi neutrale woorde oor hoe Corona beveg moet word.

Blomme

Die nuwe minister van gesondheid spog dan dat getalle besig is om af te neem.. Dit lyk nie vir my so nie. Een sterfte aan Covid is een te veel. Is al dié sterftes slegs diegene wat nog nie ingeënt is nie?

Hendrik Marthinus

Hou ons land op level 3 en selfs Meer.
As ons nie soos die UK die inenting vat nie gaan ons maskers dra vir nog jare.
Kyk net nou op TV, Hulle kyk soos normaal krieket op Lords
Lyk of daar nie n virus is nie, maar in SA is ons verdeeld.
Hoe is dit Dan moontlik dat Hulle die virus Onder beheer het?
Een antwoord Hulle stem vir inenting

Esme

Dirk, my versoek is dieselfde as joune. Hoeveel van die ‘Nuwe Gevalle’ en ‘Sterftes’ kan gekoppel word aan vaksinering. Ek ontvang ook nou versoeke aangaande my vaksinering maar ek sit met ‘n bestaande siektetoestand en onmenslike allergiee wat chronies behandel word. Terwyl ek in die hospitaal was vir Covid 19, het ek nie my medikasie vir 25 dae ontvang nie, en die onttrekkingsimptome was byna die oorsaak dat ek nie Covid 19 oorleef het nie.