Covid-19-statistieke: Meer as 150 000 aktiewe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Luca Sola/AFP)

Altesaam 1 913 861 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 17 958 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.

Dít te midde van die nuus dat die hoogs aansteeklike Delta-variant nou ook in Suid-Afrika kop uitgesteek het en tans die land se Covid-19-infeksies oorheers.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) verteenwoordig die jongste toename in gevalle ʼn positiwiteitskoers van 25,6% wat beteken dat ʼn kwart van alle Covid-19-toetse wat in hierdie stadium gedoen word, positief is.

SektorToetse gedoen Nuwe toetse 
Privaat7 297 87757%39 52956%
Staat5 614 95143%30 53844%
Totaal12 912 828 70 067 

Daar is tans 152 013 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 1 702 070 mense van die virus herstel. Dit dui op ʼn herstelkoers van 88,9%.

Gauteng dryf steeds die derde virusgolf met die meeste nuwe gevalle (63%), gevolg deur die Wes-Kaap (10%).

ProvinsieNuwe gevalle op 26 Junie 2021Totale gevalle tot  26 Junie 2021
Oos-Kaap452205 219
Vrystaat473112 942
Gauteng11 303611 095
KwaZulu-Natal864351 153
Limpopo89573 419
Mpumalanga69892 296
Noordwes1 14992 216
Noord-Kaap27058 344
Wes-Kaap1 854317 177
Totaal17 9581 913 861

Luidens Nios se jongste verslag is nog 157 sterftes intussen aangemeld. Dít bring die land se dodetal op 59 778 te staan.

Nog 449 Covid-19-pasiënte is intussen in ʼn hospitaal in Suid-Afrika opgeneem.

SektorGetal fasiliteiteOpnames tot dusverSterftes tot dusver in fasiliteiteTans opgeneem
Privaat257142 25123 7227 408
Staat400157 44537 3433 950
Totaal657299 69661 06511 358

Altesame 18 722 inentings is sedert die vorige verslag gedoen. Meer as 2,6 miljoen mense in Suid-Afrika is tot dusver teen Covid-19 geïmmuniseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Rian ·

Die vraag is hoekom is daar tans meer opnames in privaat- as in staatshospitale? Dit sal interessant wees om ander se menings te lees.

piet ·

Mense herstel vinniger in staatshospitale of word vinniger ontslaan? By staatshospitale is daar nie nog tyd vir ‘n ekstra ete, geselsie aanknoop met die dokter en verpleegsters nie, gepamperlang te word, ens nie. Dis quick in quick out. Ha, ha.

Rian ·

Maw mense wat nie mediese fonds het nie bly maar by die huis? Nie so eenvoudig nie.

Francois Le Cochon ·

Groot styging in gevalle van mense wat aan mediese fondse behoort, soos tans die geval is in oostelike deel van Pretoria.

Pieter ·

Die hele histerie omtrent Covid en grendeltyd moet einde kry. Dit gaan vir ‘n lang tyd met ons wees. Met al die inentings gaan daar meer mutasies ontstaan, soos duidelik in Israel en die VK te bespeur is. Jy moet maar net die ware doel van Covid begryp en dit in dieselfde pot sit as ander punte op die agendas van die VN, G-7, ens.

piet ·

Ten spyte van mutasies wat mag ontstaan (indien enige teenmiddel, antibiotika, vaksiene gebruik word) oortref die voordele enige moontlike nadele. Inentings het seker omtrent al die mensdom van uitwissing gered.

Leeuwyfie ·

Pieter dis lekker om te sien daar is nog mense wat wyd lees. Moenie vergeet van die Seychelles nie, hulle is die mees ingeënte land wat ‘n groot uitbraak het.

sterk soos n beer ·

wat is die sterfgevalle, herstelkoers en aktiewe gevalle se getalle asb?

Samuel ·

Hierdie toename in positiewe gevalle is hartseer en kommerwekkend, dog die regering is en was aan die slaap en moes vroeër daadwerklik opgetree het en na die wetenskaplike raadgewers geluister het. Vanaand wil NDZ seker weer strenger maatreëls instel wat al ‘n maand gelede gedoen moes wees. Plaas daarvan dat die regering toesien dat nie-farmaseutiese maatreëls nagekom word!!

Pieter ·

Is rof hoe getalle aangepas word. Maar die staat hospitale sterf die Covid gevalle baie makliker.

piet ·

Daar is meer sterftes persentasiegewys van mens wat opgeneem word maar daar kan baie redes daarvoor wees ek dink nie die gesondheidsdienste self is noodwendig swakker nie.

piet ·

Dalk is die algemene gesondheidstoestand van ‘n persoon wat aangewese is op ‘n staatshospitaal oor die algemeen swakker weens dinge soos wanvoeding, ens.

Jaco ·

Dié syfers is vir die eerste keer in ‘n lang tyd reg, want dis onmoontlik dat die ANC regering syfers sal manipuleer sodat dit die slegste in een van hulle provinsies lyk. Dis ook nou winter, so om strande in die Wes-Kaap te sluit en só die DA beheerde Weskaap te “straf”, gaan onnodig wees.
Ek sidder egter vir Desember vanjaar. Dan word ‘n 4de golf corona weer skielik, sommer oornag, deur die ANC uitgedink en WEG is wit mense se tradisionele “vakansie by die see” en WEG is wit toeristebesighede aan die kus se beste inkomste van die jaar.

piet ·

Gelukkig is daar darem een konstante waarop ons kan staatmaak in hierdie moeilike tye. Jaco se kommentaar sal altyd iets met ras te doen he.

Jaco ·

So dis onwaar en fopnuus dat ramaphosa reeds 2 keer in die onlangse verlede gesê het dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop.

piet ·

Wanneer het hy gese witmense se rol in die ekonomie moet stop? Stem jy nie saam dat daar ongelykhede in die land is nie en dat Covid dit duidelik na vore gebring het nie?

Gideon ·

Ag nee regtig… Alles net om wit mense se vakansieplanne in die wiele te ry.

Johan ·

2M het positief getoets….BAIE meer het reeds covid onderlede en het herstel. Kry bietjie die stats reg….

piet ·

Steeds meer sterftes a.g.v Covid as enige ander siekte wat ek van weet.

annie ·

Ons kan regtig dankbaar wees dat die meeste topposte en raadgewers tov covid van Indiese afkoms is wat eerstehandse kennis het oor die erge delta-tipe wat woed in daardie land. Watter entstof is reeds met nut daar gebruik? CR het slim raadgewers. Indien Indiè nie kan help nie sal Kuba sekerlik kan.

Maggies ·

Eintlik is daardie syfer baie hoër. Daar moet baie mense wees wat soos ek positief was, maar nooit getoets is nie. My man het dit in ‘n hospitaal opgetel tydens sy herstel na ‘n operasie, maar is huis toe gestuur en eers vier dae later in kennis gestel van die positiewe persoon wat saam hom in die saal was.
Hy is getoets en was positief. Ek was later baie sieker as hy, asook my volwasse seun wat by ons woon. Ons is nooit getoets nie, maar dit moés Covid wees.
Daarom glo ek dat die statistieke nie heeltemal korrek is nie.

piet ·

Baie meer. Die persentasie van mense wat formeel getoets is en positief was/is, is tussen 15% en 25%. As jy dit as ‘n steekproef gebruik behoort minstens 20% van die hele bevolking een of ander tyd die virus kry.

Johan ·

Vir n slag maak jy sin Piet, ek dink wel jy is bietjie onder, 70% gaan dit waarskynlik kry. Maar tot dan moet ons nog eers bietjie ander goed probeer.

Francois Le Cochon ·

Maggies, jy is reg, maar dit is nie dat die statistieke noodwendig verkeerd is nie, eerder dat nie alle gevalle gerapporteer word nie.

Anel ·

Die aantal mens wat nou volgens hierdie statistieke aan die virus dood is, nou al amper 18 maande, is baie minder as wat doodgaan, JAARLIKS, nie hier, aan TB, of aan Vigs, of hartaanvalle ens. As mense nog nie besef dat hierdie maar net ‘n set van die wêreld en veral ins regering is om ons afhanklik van die staat te maak nie en om die mense paranoïes te hou nie en alles wat vir ons opgedis word as soet koek op te vreet nie, as daar nie meer hoop nie. Gebruik bietjie gesonde verstand.

Alleen Wolf ·

Ek het al voorheen gese, as die wereld leiers sou erken dat hulle mislei is deur die WGO of ‘n ander agenda het sal niemand ooit weer vir enige een van hulle stem nie.
Daarmee se ek nie dat sekere maatreels nie ingestel moet word nie, maar wees realisties en weet daar is beslis verskuilde agenda’s ook ter sorake hier en in baie regerings elders in die wereld

piet ·

Waarskynlik die 2de hoogste na VIGS wat besig is om jaarliks minder te word. Covid nou definitief meer as TB. Hartaanvalle nie noodwendig a.g.v ‘n siekte nie so dis nie eintlik ter sprake nie. Wat VIGS (en TB) aanbetref, meeste gevalle vat jare om tot die dood te lei so ook nie eintlik die beste van voorbeelde nie. Covid is tjop, tjop en daar is ‘n moontlikheid dat die wat herstel het blywende oorgaanbeskadiging kan oorhou wat later tot mense se dood kan lei. Dis nog nie in berekening gebring soos by TB en VIGS waar die tendense al oor jare waargeneem word nie, ons weet nog nie watter volle impak Covid gaan he nie. Nie so eenvoudig nie.

Regtigegtig ·

Ek ken iemand wat in covid saal werk in Steve Biko en hulle vertel dat die mense geen behandeling kry nie. Hoof van hospitaal weier om medikasie aan te koop wat mense kan help of enige behandeling uit te toets wat moontlik kan werk. Mense le net daar en wag om dood te gaan.

piet ·

Ek ken iemand wat gewoonlik swart kouse dra maar somtyds dra hy ‘n wit kous en ‘n swart kous.

Jan ·

Die nuwe variante se impak word deur die sogenaamde “beskermingsmaatreëls” wat inentings insluit, aangedryf.

Oom Kaspaas ·

Wel as die Pandemie gekom het voor sosiale media en die internet sou dit nie so erg gewees het nie en ALMAL so baie makliker gegaan het vir hulle inentings soos die vir Pokke ens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.