Covid-19-statistieke: Meer as 17 000 nuwe gevalle  

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 861 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 17 493 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Woensdagaand bevestig dat 1 861 065 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 24,9%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (62%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (10%). Die totale aktiewe gevalle is 130 416.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 59 258 nadat nog 166 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 1 671 391 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 12 703 421 toetse vir Covid-19 gedoen, 70 186 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 622 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 10 497 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

’n Totaal van 2 312 873 mense is reeds ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap637203 709
Vrystaat491111 401
Gauteng10 806578 488
KwaZulu-Natal917348 604
Limpopo72470 821
Mpumalanga82590 094
Noordwes1 01888 833
Noord-Kaap29757 467
Wes-Kaap1 778311 648
Totaal17 4931 861 065

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap11 795188 430
Vrystaat4 71296 303
Gauteng12 382498 488
KwaZulu-Natal10 630327 496
Limpopo2 55264 976
Mpumalanga1 49884 514
Noordwes2 20875 632
Noord-Kaap1 33348 769
Wes-Kaap12 148286 783
Totaal59 2581 671 391

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hendrik Marthinus

Dus erg Baie gevalle
Die keuse om die Lockdown te verhoog word uit die President se hande gevat
Geen Ander keuse om level 5 toe te beweeg nie, hospitale word te vol
Inentings veldtog vir die wat Wil neem Sal moet verhoog word

annie

Min inligting word verskaf oor negatiewe reaksies hetsy gevalle na inentings. Waarom SA juis Pfizer-entstof se resep probeer bekom wat soveel vereistes stel vir gebruik, weet g’n mens. Daar is verskeie riglyne oor die hantering van enige entstof plus die tydsverloop nadat dit aangemaak is vir gebruik. Die Pfizer-kristalle wat met steriele water gemeng moet word is glo byna onsigbaar wat kundige werkers benodig. Navorsing oor hoe entstowwe hanteer moet word, laat vrae oor massa-inentings en moontlike flaters in die proses. Pandemies vererger juis as gevolg daarvan.

Oom Kaspaas

Desember was daar 22000 gevalle per dag en nie na level 5 toe nie, so dit ook nie nou nodig nie, verhoog net vlak in Gauteng. Level 5 gaan ‘n baie groter negatiewe gevolge hê as die virus …

piet

Weet nie of dit sal werk nie maar miskien moet ons die Australiese/NZ roete gaan. Totale lockdown maar net vir ‘n paar dae (bv. ‘n werksweek) net om die siklus te breek. Ek weet Australasie is nie ‘n goeie voorbeeld met hul min gevalle nie maar dis dalk ‘n metode wat probeer kan word. So kom ons se daar word besluit op ‘n maksimum gevalle van 5000 per dag. Sodra ons dit oorskry gaan ons in totale lockdown vir ‘n paar dae. Die res van die tyd opereer ons op ‘n laer inperkingsvlak.

piet

Kyk, die pas van inentings moet drasties verhoog word. Ons is net besig om aan te karring met hierdie ding op hierdie stadium.