Covid-19-statistieke: Meer as 19 miljoen dosisse entstof toegedien

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 816 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 2,8% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 2 911 497 te staan.

Nog 56 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 88 292 te staan.

Minstens 17 960 260 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van KwaZulu-Natal (20%) gevolg deur die Gauteng (19%). Die Wes-Kaap verteenwoordig 17%, Oos-Kaap 12%, Vrystaat 11%, Noord-Kaap 10%, Noordwes 5%, Mpumalanga 4% en Limpopo 3%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 29 hospitaal-opnames. Daar is tans 5 545 Covid-19-pasiënte in 667 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 2 790 653 persone (95,8%) het reeds herstel.

Altesaam 19 016 618 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap95291464
Vrystaat86162266
Gauteng152917650
KwaZulu-Natal167513575
Limpopo23122018
Mpumalanga29151342
Noordwes39149975
Noord-Kaap8491515
Wes-Kaap141511692
Totaal8162911497

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap149802752021282291464
Vrystaat68211516703775162266
Gauteng194398968871324917650
KwaZulu-Natal1468048369715198513575
Limpopo40211168361161122018
Mpumalanga1982148953407151342
Noordwes41691445901216149975
Noord-Kaap221984862443491515
Wes-Kaap199814879563755511692
Totaal882922790653325522911497

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Erik ·

Ek sien baie uit daarna om weer rugby by die stadion te gaan kyk. Ek en my inentingspaspoort. Lyk darm asof hulle goed vorder met die inentings, so een van die dae is die stadiums weer vol!

Herman ·

Die paspoort is nie die oplossing nie. Daar gaan meer mense deur die malls elke dag en almal is gelukig.

VaalDonkie ·

Gaan die paspoort jou veilig hou? Want die inspuiting doen nie juis veel nie. Gaan lees maar die amptelike inligting. Jy kan nog altyd ICU toe EN doodgaan selfs het jy die spuit gekry. Ek sou eerder maar by die huis bly vir nog so paar jaar as ek jy is.

Jakkie ·

Julle anti-vaxers ruk darem altyd dam onder die eend se gat uit. Julle val ons wat gegaan het vir die vaccine die heeltyd aan. Julle moan letterlik oor alles. Los ons uit en doen net wat julle wil. Geen wonder ons land is waar hy is nie, die mees verdeeldste nasie ooit.

piet ·

Jakkie, los hulle. So staan gemaak, laat hulle hul eie graf grawe en maar die ongerief verduur met al die uitsluitings wat hulle in die gesig gaan staar.

Herman ·

Jakkie, ek weet nie vir wie is jy kwaad vandag nie. Die komentaar het gegaan oor die paspoort en nie of jy ingespuit is of nie. Daar mag duisende mense in n mall ingaan met geen probleem, maar sodra net 50 van die mense in n restaurant ingaan moet jy n paspoort wys. So ook vir teaters, stadions ens. Hoekom vra hulle dan nie orals vir jou paspoort nie. Die stuk papier beskerm jou nie. Ek praat nie van die inspuiting nie. Lw inspuiting en nie vaksien nie, van dit is wat dit is.

Dirk Mostert ·

Los ons anti-vaxers ook uit. Julle wat geent is is mos nou immuun. Ons hou geen gevaar vir julle in nie.

piet ·

Die amptelike inligting is dat die inenting jou risiko verminder veral om ernstig siek te word en dood te gaan. So gryp jy maar aan grashalmpies en kritiseer die entstof soos jy wil die punt is dis ooral ter wereld bewys dat dit dit baie meer voordelig is om dit te kry as om ‘n dobbelspel met jou lewe te speel en te hoop jy kry nie die virus in ‘n ernstige graad en gaan dood nie. Maak soos jy wil. Mors van tyd om die ware feite te probeer deurgee.

Erik ·

Vaaldonkie, my beste vriend werk in ‘n Covid ICU. Hy het bevestig dat niemand, nie een nie, geen, persoon al weens Covid oorlede is in hul ICU wat reeds beide inentings ontvang het nie. Weet nie waar jy jou amptelike inligting ontvang nie.

MakersMark ·

My Tannie wat by die kooperasie op Bultfontein werk se vriendin se niggie se Pa het gesê die wat die “spuit” gekry het sterf vinniger van CV19, babelaas, karongelukke of harde rugby tackles…..
die plaas Wikipedia.

Chrisp ·

Onthou jou dompas altyd by jou te dra dan jy is jy “vry”.

Dirk Mostert ·

Ek wonder of die pawiljoene oor ‘n jaar of drie nog so vol van toeskouers met entpaspoorte gaan wees. “Ceasar, we salute you”

MakersMark ·

Definetief en die res bly by die huis ! “Vaccination passport we salute you”!

koos10 ·

En hoeveel hiervan was die 2de dosis?
Ek wens net dat al die wetenskaplikes wil konsentreer op ‘n permanente oplossing. Tans is die entstof goed genoeg vir 6 maande, so ongeveer een vlaag van COVID.
Ek sien wel dat daar nou ‘n pil ontwikkel is. Sal moet sien of dit gaan werk?

piet ·

Daar is nie ‘n permanente oplossing nie. Die ding is soos griep wat nie uitgeroei kan word nie. Jy karring nou aan met die 6 maande storie. Julle lees net wat julle wil lees en hang dan julle eie stertjies aan. Dis vir MINSTENS 6maande BAIE EFFEKTIEF. Dis steeds voordelig vir langer as 6 maande ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.