Covid-19-statistieke: Meer as 2 000 nuwe gevalle

(Foto: Virginia Mayo/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 708 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 055 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 708 359 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 18 741 nadat nog 85 sterftes aangemeld is. “Van die 85 sterftes aangemeld, het agt in die afgelope 48 uur plaasgevind.”

Tot dusver het 641 706 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 607 883 toetse vir Covid-19 gedoen, 26 537 sedert die vorige verslag.

Mkhize het Woensdag sy kommer uitgespreek oor ’n toename in nuwe Covid-19-gevalle oor die afgelope paar weke.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap92 56613,1%
Vrystaat54 2387,7%
Gauteng226 07331,9%
KwaZulu-Natal121 64717,2%
Limpopo16 9562,4%
Mpumalanga29 0234,1%
Noordwes32 2024,5%
Noord-Kaap20 6902,9%
Wes-Kaap114 96416,2%
Totaal708 359100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap3 50887 746
Vrystaat1 40240 576
Gauteng4 679205 065
KwaZulu-Natal3 160112 296
Limpopo44015 890
Mpumalanga59227 664
Noordwes40328 727
Noord-Kaap25617 099
Wes-Kaap4 301106 643
Totaal18 741641 706

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anel ·

Ja, en? Wil julle ons nou weer heeltemal toesluit? Niemand glo julle meer nie. Julle wil so graag iets vir die wêreld bewys, wat weet ons nie. Geen Suidelike halfrond land gaan so teker nie want hulle weet dit is nou somer. Meer behep oor die virus as wat hulle oor enige ander siektes en moord en doodslag, wat hier meer is enige ander plek ter wêreld, is.

Alleen Wolf ·

As Mkhize en sy makkers in die regering die “Covid” inperkings reëls en protokol wat hy en sy ANC kaders so slaafs afdwing na gevolg het en dit sou enigsins effektief wees sou hy en vele van sy regerings makkers nie positief getoets het nie, duidelike bewys dat dit geen verskil maak nie en behoort totaal geskrap te word.
Hy moet hom eerder bekommer oor die ekonomiese verwoesting wat hy en sy ANC kaders aan die mense van S.A. aangerig het as oor die sogenaamde “Spike”, maar hulle is so mags behep en mags honger dat hulle enige rede sal opdis om die situasie so lank moontlik uit te buit. Sy daaglikse verklaring van gevalle beteken in elk geval ook NIKS en maak geen verskil nie.
Ramaphosa moet ‘n slag besin, hulle het geen lewens gered nie, lewe en dood lê nie in hulle hande nie maar in ons skepper sin.

Jacobus ·

Die agbare minister se verslae verskyn daagliks. Hulle kan argumenteer soos hulle wil – die resultate word gemanipuleer vir maksimum vrees bejagtheid. Die agenda verdwerg nou al die saak. Hoewel die die virus ‘n werklikheid is, is die duistere agenda vreesaanjaend.

Jakes ·

Wel hoe langer die virus met ons is hoe meer geld word beskikbaar gestel vir gewetenlose skurke om bedrog mee te pleeg.

Jacobus ·

Reg so Jake’s. Die grootste geld”skeppings” geleentheid in die geskiedenis

Ilze ·

Ek hoop regtig hulle kyk na dr Streicher van die PANDA groep se modelle. Hy sê ‘n tweede golf gaan so nikseggend wees dat dit onder geen omstandighede ‘n inperking regverdig nie. Die staat wou nie eers kyk na hulle modelle nie. En hulle was nog elke keer reg met voorspellings.

Alleen Wolf ·

Hulle sal nie na Panda se modelle kyk en ag slaan daarop nie, dit sal hulle houvas op mag beeindig

Bella ·

As die sterftesyfer, net 8 was in die laaste 48 uur, waar kom al die sterftes vandaan wat elke dag deur Mkhize aangekondig word. Wanneer is hierdie mense oorlede. Ek dag ons is veronderstel om die syfers van die laaste 24uur te sien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.