Suid-Afrika het nou meer as 708 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 055 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 708 359 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 18 741 nadat nog 85 sterftes aangemeld is. “Van die 85 sterftes aangemeld, het agt in die afgelope 48 uur plaasgevind.”
Tot dusver het 641 706 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.
Suid-Afrika het tot dusver 4 607 883 toetse vir Covid-19 gedoen, 26 537 sedert die vorige verslag.
Mkhize het Woensdag sy kommer uitgespreek oor ’n toename in nuwe Covid-19-gevalle oor die afgelope paar weke.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 92 566 | 13,1% |
Vrystaat | 54 238 | 7,7% |
Gauteng | 226 073 | 31,9% |
KwaZulu-Natal | 121 647 | 17,2% |
Limpopo | 16 956 | 2,4% |
Mpumalanga | 29 023 | 4,1% |
Noordwes | 32 202 | 4,5% |
Noord-Kaap | 20 690 | 2,9% |
Wes-Kaap | 114 964 | 16,2% |
Totaal | 708 359 | 100% |

Sterftes en mense wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 3 508 | 87 746 |
Vrystaat | 1 402 | 40 576 |
Gauteng | 4 679 | 205 065 |
KwaZulu-Natal | 3 160 | 112 296 |
Limpopo | 440 | 15 890 |
Mpumalanga | 592 | 27 664 |
Noordwes | 403 | 28 727 |
Noord-Kaap | 256 | 17 099 |
Wes-Kaap | 4 301 | 106 643 |
Totaal | 18 741 | 641 706 |
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Ja, en? Wil julle ons nou weer heeltemal toesluit? Niemand glo julle meer nie. Julle wil so graag iets vir die wêreld bewys, wat weet ons nie. Geen Suidelike halfrond land gaan so teker nie want hulle weet dit is nou somer. Meer behep oor die virus as wat hulle oor enige ander siektes en moord en doodslag, wat hier meer is enige ander plek ter wêreld, is.
As Mkhize en sy makkers in die regering die “Covid” inperkings reëls en protokol wat hy en sy ANC kaders so slaafs afdwing na gevolg het en dit sou enigsins effektief wees sou hy en vele van sy regerings makkers nie positief getoets het nie, duidelike bewys dat dit geen verskil maak nie en behoort totaal geskrap te word. Hy moet hom eerder bekommer oor die ekonomiese verwoesting wat hy en sy ANC kaders aan die mense van S.A. aangerig het as oor die sogenaamde “Spike”, maar hulle is so mags behep en mags honger dat hulle enige rede sal… Lees meer »
Die agbare minister se verslae verskyn daagliks. Hulle kan argumenteer soos hulle wil – die resultate word gemanipuleer vir maksimum vrees bejagtheid. Die agenda verdwerg nou al die saak. Hoewel die die virus ‘n werklikheid is, is die duistere agenda vreesaanjaend.
Wel hoe langer die virus met ons is hoe meer geld word beskikbaar gestel vir gewetenlose skurke om bedrog mee te pleeg.
Ek hoop regtig hulle kyk na dr Streicher van die PANDA groep se modelle. Hy sê ‘n tweede golf gaan so nikseggend wees dat dit onder geen omstandighede ‘n inperking regverdig nie. Die staat wou nie eers kyk na hulle modelle nie. En hulle was nog elke keer reg met voorspellings.