Suid-Afrika het nou meer as 1 588 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 073 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 1 588 221 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 54 557 nadat nog 46 sterftes aangemeld is: vier in die Oos-Kaap, een in die Vrystaat, 19 in Gauteng, twee in KwaZulu-Natal, 18 in Limpopo en twee in die Noord-Kaap.
Tot dusver het 1 510 385 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.
Suid-Afrika het tot dusver 10 773 227 toetse vir Covid-19 gedoen, 33 414 sedert die vorige verslag.
Meer as 353 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Covid-19 ingeënt.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 196 174 | 12,4% |
Vrystaat | 90 320 | 5,7% |
Gauteng | 425 692 | 26,8% |
KwaZulu-Natal | 336 937 | 21,2% |
Limpopo | 64 015 | 4,0% |
Mpumalanga | 78 569 | 4,9% |
Noordwes | 68 261 | 4,3% |
Noord-Kaap | 40 887 | 2,6% |
Wes-Kaap | 287 366 | 18,1% |
Totaal | 1 588 221 | 100% |

Sterftes en mense wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 11 581 | 184 412 | 181 |
Vrystaat | 3 890 | 82 670 | 3 760 |
Gauteng | 10 711 | 411 415 | 3 566 |
KwaZulu-Natal | 10 410 | 321 115 | 5 412 |
Limpopo | 2 310 | 61 424 | 281 |
Mpumalanga | 1 397 | 76 375 | 797 |
Noordwes | 1 725 | 63 136 | 3 400 |
Noord-Kaap | 903 | 36 010 | 3 974 |
Wes-Kaap | 11 630 | 273 828 | 1 908 |
Totaal | 54 557 | 1 510 385 | 23 279 |


O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Dit sal MOET verdubbel nou die 5de Mei was mos die voorspelde datum
Hyt weer gehoor daars n nuwe variant.
Bid maar dat daar nie ‘n nuwe variant soos huidiglik in Indië te sien is weer hier aanland nie.
Sit die vaseline potjie solank reg.
Snert. Gewone griep maak nie 3.5 m mense dood en veroorsaak totale oorstroming van hospitale nie. Papier sommetjies en wat in werklikheid gebeur verskil myle. Laat gewone griep die mediese suurstof aan vraag met 500% verhoog? Laat gewone griep mense op die sypaadjies sterf soos in Indië ? Word wakker en ruik jou koffie.