Covid-19-statistieke: Meer as 2 000 nuwe gevalle in SA

(Argieffoto: Unsplash)

Altesaam 659 656 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 2 029 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 83 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in Gauteng (5), die Oos-Kaap (4), KwaZulu-Natal (52), die Wes-Kaap (4) en Limpopo (18) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 15 940 te staan.

Volgens Mkhize het 589 434 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 89,4%.

Nog 21 069 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 4 024 659 toetse sedert die uitbreking van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap3 06784 108
Vrystaat83829 019
Gauteng4 027192 886
KwaZulu-Natal2 530107 949
Limpopo36213 630
Mpumalanga49624 854
Noordwes32523 829
Noord-Kaap18411 320
Wes-Kaap4 111101 839
Totaal15 940589 434

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.