Suid-Afrika het teen Donderdagaand altesaam 710 515 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 2 156 nuwe gevalle is aangemeld.
Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.
Nog 102 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 18 843 te staan bring.
Altesaam 642 560 pasiënte het in dié stadium reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 90,4%.
Meer as 25 788 toetse uit die 4 633 671 wat reeds gedoen is, is in die afgelope 24-uursiklus gedoen. Altesaam 2 655 540 toetse is in die private sektor gedoen, wat meer as die helfte (57%) van die toetse uitmaak. Altesaam 1 978 131 toetse is in die openbare sektor gedoen.
Provinsiale statistieke:
Gauteng: 226 363
KwaZulu-Natal: 121 802
Wes-Kaap: 115 294
Oos-Kaap: 92 936
Vrystaat: 54 691
Noordwes: 32 415
Mpumalanga: 29 109
Noord-Kaap: 20 887
Limpopo: 17 018
Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
2000 nuwe gevalle uit ‘n bevolking van 57 miljoen! kwart druppel in die emmer……..
Die statistiek maak totaal en al.geen sin. Al doel met hierdie nutteloosheid wek ‘n gevoel van vrees of ‘n gevoel van uiterste frustrasie. Hierdie gemors gaan ‘n groot “implosion” van frustrasie ontketen.
Die brande, moorde en opstand word gewetenloos deur die ANC gebruik om hulle uiterste kriminaliteit te verdoesel. Tragies en onwettig.
Ons wag vir die ANC lieg storie oor soe twee weke…..20000 nuwe gevalle aangemeld. Ons gaan nou terug na Vlak 3 toe. Hello julle ANC dommes….hitte maak die virus dood en somer kom, of is hier. Ons lewe in ‘n land vol 30 persenters!
Dankie vir die syfers, MM! Progressiewe totaal sedert Maart: 4,633,671 toetse waarvan 710,515 positief, dws 15,33% positief. Nuutste: 25,788 toetse waarvan 2,156 positief, dws 8,36% positief. ‘n duidelike afname weens die somer wat begin het. As asimptomatiese gevalle (makeer niks) afgetrek word van die positiewe totaal, was daar 4 miljoen onnodige toetse, dws R4 miljard is vermors.