Suid-Afrika het nou meer as 690 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 364 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand bevestig dat 690 896 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 17 673 nadat nog 126 sterftes aangemeld is: 39 in die Oos-Kaap, 35 in die Vrystaat, 10 in KwaZulu-Natal, 30 in Gauteng, vier in Mpumalanga en agt in die Wes-Kaap.
“Van die 126 sterftes het 11 in die afgelope 24 uur plaasgevind: twee in die Vrystaat, een in Gauteng, vier in KwaZulu-Natal en vier in Mpumalanga.” Volgens Mkhize is die provinsies steeds besig om die proses rakende die identifisering van Covid-19-sterftes te verfyn.
Daar was onlangs ʼn merkbare toename in die aantal sterftes. Volgens Mkhize het dit hulle bekommerd gemaak aangesien die Mediese Navorsingsraad gesê het dat daar drie weke agtereenvolgens geen oortollige sterftes was nie.
“Ons het dus die provinsies geraadpleeg om die rede vir die verhoogde getalle te bepaal. Ons het berigte ontvang dat die provinsies die aanbevelings van die Mediese Navorsingsraad toepas om die data met die sterftedata van binnelandse sake te versoen. Daarbenewens oudit provinsies tans die sterftedata deur data uit die Datcov-toesigverslae te ontgin en onaangemelde sterftes te identifiseer, of deur fasiliteite te oudit. Ons verwelkom hierdie robuuste verfyning van die versameling van data, aangesien dit ons die versekering gee dat ons vorentoe noukeurig te werk gaan in ons epidemiologiese waarneming.” Datcov is die stelsel waardeur hospitale se data verwerk word.
Tot dusver het 622 153 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.
Suid-Afrika het tot dusver 4 388 171 toetse vir Covid-19 gedoen, 28 066 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 90 686 | 13,1% |
Vrystaat | 50 552 | 7,3% |
Gauteng | 222 745 | 32,2% |
KwaZulu-Natal | 120 295 | 17,4% |
Limpopo | 162 33 | 2,3% |
Mpumalanga | 28 115 | 4,1% |
Noordwes | 30 715 | 4,4% |
Noord-Kaap | 18 888 | 2,7% |
Wes-Kaap | 112 667 | 16,3% |
Totaal | 690 896 | 100% |
Sterftes en mense wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 3 225 | 86 400 | 1 061 |
Vrystaat | 1 128 | 35 537 | 13 887 |
Gauteng | 4 444 | 198 582 | 19 719 |
KwaZulu-Natal | 3 000 | 111 585 | 5 710 |
Limpopo | 425 | 15 093 | 715 |
Mpumalanga | 585 | 26 801 | 729 |
Noordwes | 382 | 27 621 | 2 712 |
Noord-Kaap | 232 | 15 479 | 3 177 |
Wes-Kaap | 4 252 | 105 055 | 3 360 |
Totaal | 17 673 | 622 153 | 51 070 |
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Dokters, hospitale, lykshuise ens word gedwing om Corona as rede vir amper alle sterfgevalle te gee. Dit gaan nog met plaasmoorde ook gebeur.
Mense moenie vals nuus versprei nie – geen hospitaal of dokter word gedwing om met sterfgevalle corona as oorsaak te gee nie.
Vanwaar word die statistieke verkry?? Ek neem alles met ‘n skopgraaf sout.
Hoop regtig hulle verfyn die proses! TIEN (10) dae vandat ‘n monster geneem is totdat die uitslag bekend is benodig beslis “bietjie” verfyning!
Hy erken in werklikheid dat hulle nóg metodes gevind het om die sterftesyfer kunsmatig erger te laat lyk as wat dit is, sodat die beheermaatreëls verder verleng kan word. Nieteenstaande al die moeite om die effek van covid-19 erger te laat lyk, kom die syfers nog nie eens halfpad by dié van 2018 vir daardie jaar se gewone griep nie: dit was 36 810.