Suid-Afrika het nou meer as 1 602 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 759 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 1 602 031 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 54 968 nadat nog 72 sterftes aangemeld is: ses in die Oos-Kaap, 13 in die Vrystaat, 27 in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, vyf in Mpumalanga, vier in die Noord-Kaap en 12 in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 1 519 734 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.
Suid-Afrika het tot dusver 10 968 926 toetse vir Covid-19 gedoen, 37 020 sedert die vorige verslag.
Meer as 430 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Covid-19 ingeënt.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 196 387 | 12,3% |
Vrystaat | 92 886 | 5,8% |
Gauteng | 430 310 | 26,9% |
KwaZulu-Natal | 337 614 | 21,1% |
Limpopo | 64 278 | 4,0% |
Mpumalanga | 79 360 | 5% |
Noordwes | 69 782 | 4,4% |
Noord-Kaap | 42 733 | 2,7% |
Wes-Kaap | 288 681 | 18% |
Totaal | 1 602 031 | 100% |

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 11 612 | 184 504 | 271 |
Vrystaat | 3 950 | 83 952 | 4 984 |
Gauteng | 10 818 | 413 841 | 5 651 |
KwaZulu-Natal | 10 438 | 321 585 | 5 591 |
Limpopo | 2 336 | 61 556 | 386 |
Mpumalanga | 1 413 | 76 968 | 979 |
Noordwes | 1 758 | 64 398 | 3 626 |
Noord-Kaap | 958 | 37 330 | 4 445 |
Wes-Kaap | 11 685 | 275 600 | 1 396 |
Totaal | 54 968 | 1 519 734 | 27 329 |


O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Daar is ‘n verskil tussen ‘n deining en ‘n golf!
Mkhize is gou met sy twee-dae-laat Covid-syfers, pleks sit hy sy energie in met die beskikbaarstelling van IVERMEKTIEN aan SA-burgers.
Die regering is soos die hond wat die bus gejaag het, dit toe gevang het, en nou nie weet wat om daarmee te maak nie…siestog…
kan die oos kaap se getalle reg wees of toets hulle net nie
27 329 aktiewe gevalle is eintlik die enigste syfer wat saak maak. Met 1 519 734 wat herstel het is dit eintlik ‘n aanduiding dat dit ‘n Wêreldwye bangmaakaksie is. Het ons met TB en so aan ook so te kere gegaan en kleinsake vernietig!