Covid-19-statistieke: Meer as 2 miljoen al getoets

(Grafika: pixabay)

Suid-Afrika het tot dusver meer as twee miljoen toetse vir Covid-19 afgehandel, het die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, in sy daaglikse bywerking van getalle gesê.

“Ek wil spesiaal hulde bring aan die mans en vroue in die laboratoriumdienste wat dit moontlik gemaak het. Dit is ʼn enorme prestasie waarop alle Suid-Afrikaners kan trots wees,” het Mkhize gesê.

Die getal toetse wat gedoen is, staan nou op 2 000 569 nadat 56 170 nuwe toetse die afgelope dag gedoen is.

Altesaam 54% van toetse is in die private sektor gedoen.

Intussen is ʼn beduidende 13 674 nuwe gevalle van die virus bevestig wat die totaal op 238 339 te staan bring. Gauteng, met 81 546 gevalle (34,2%), het nou die meeste Covid-19-gevalle in die land. Dit word gevolg deur die Wes-Kaap met 74 815 gevalle (31,4%).

Altesaam 129 nuwe sterftes is bevestig: Een in die Noord-Kaap, 26 in KwaZulu-Natal, 28 in die Oos-Kaap en 37 in Gauteng en die Wes-Kaap onderskeidelik.

In dié stadium is die sterftesyfer in Limpopo 33 en nie 44 soos ʼn dag tevore aangedui is nie, het Mkhize gesê.

Die algehele sterftesyfer staan in hierdie stadium op 3 720.

Meer as 113 000 mense het reeds van die siekte herstel, ʼn koers van 47,4%.

ProvinsieSterftesPasiënte wat reeds herstel het
Oos-Kaap61024 304
Vrystaat19629
Gauteng51523 804
KwaZulu-Natal2495 505
Limpopo33665
Mpumalanga22779
Noordwes361 574
Noord-Kaap7267
Wes-Kaap2 22955 534
Totaal3 720113 061

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Barbara ·

Dis min toetse in vergelyking met die hoeveelheid mense wat in ons land is.

Marius ·

Ek sal net graag wil he dat die WHO en ons regering die volle waarheid met ons deel , want hulle doen glad nie op die stadium nie . Praat die waarheid en vertel vir ons alles dat ons ook beter kan verstaan waaroor dit gaan . Gaan dit oor geld , mag of wat ??

Spyker ·

Duidelik weet niemand wat werklik aan die gang is nie. Wie versamel en verwerk die statistiek en hoe word dit gedoen.

Marisa W ·

Sou graag wou sien wat die persentasie gevalle per streek is i.e per capita per provinsie

Adam Adriaan ·

Waarom al die toetse? Toets aleenlik as iemand werklik siek is. Dit is ‘n totale mors van geld en oë-verblindery.

Louis ·

As mense hierdie nommers glo, is hulle onnosel. Hoe gouer mense besef die sg. pandamie is niks anders as ‘n geldmaakstorie en ‘n klugspul, hoe beter.

Mariska ·

So, Louis, al die honderde-duisende mense wat al gesterf het, en mense wat baie, baie siek geword het sedert Maart vanjaar – waaraan sou jy sê het hul gesterf indien COVID dan ‘n foefie is? Ek werk vir ‘n hospitaal. Ek belowe jou, die pandemie is beslis nie ‘n klug nie. En dit is ook glad nie dieselfde as griep nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.