Covid-19-statistieke: Meer as 20 000 aktiewe gevalle

Argieffoto ter illustasie (Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

Altesaam 1 569 935 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 1 569 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 53 sterftes is intussen aangemeld. Dié nuwe sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (17), Vrystaat (11), Gauteng (8), KwaZulu-Natal (3), Mpumalanga (1), die Noord-Kaap (9) en die Wes-Kaap (4) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 53 940 te staan.

Volgens Mkhize het 1 495 864 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 95%.

Die land het tans 20 131 aktiewe Covid-19-gevalle.

Nog 34 091 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 10 413 180 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaatsektor uitgevoer.

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 482184 220202
Vrystaat3 80380 3362 299
Gauteng10 544406 9922 946
KwaZulu-Natal10 344320 6324 974
Limpopo2 25661 100318
Mpumalanga1 38974 924983
Noordwes1 66661 7562 789
Noord-Kaap88034 1693 393
Wes-Kaap11 576271 7352 227
Totaal53 9401 495 86420 131

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

louis ·

Glo nie die syfers nie, eendag is daar 776 gevalle net om weer te klim tot ongeveer1500 en dan n paar dae later weer om en by die 800 nuwe gevalle , gaan stel maar ondersoek in r die afgelopedrie weke se data

wim ·

Interessante opskrif. Die laaste paar maande was dit meestal baie meer as 20 000.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.