Covid-19-statistieke: Meer as 20 000 nuwe gevalle  

(Foto: Unsplash)

Altesame 22 391 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 093 452 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 29,8%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (53%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (12%) en die Wes-Kaap (10%). Die totale aktiewe gevalle is 133 063.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 90 060 nadat nog 22 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 870 329 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 92,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 19 988 045 toetse vir Covid-19 gedoen, 72 251 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 453 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 4 795 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 26,9 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap9412 987
Vrystaat1 0084 467
Gauteng11 79183 248
KwaZulu-Natal2 75612 472
Limpopo1 0555 234
Mpumalanga1 1475 978
Noordwes1 3086 615
Noord-Kaap1911 151
Wes-Kaap2 19410 911
Totaal22 391133 063

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 225278 137
Vrystaat7 106157 428
Gauteng19 757925 849
KwaZulu-Natal14 804501 783
Limpopo4 108119 060
Mpumalanga2 018151 730
Noordwes4 354149 107
Noord-Kaap2 42890 574
Wes-Kaap20 260496 661
Totaal90 0602 870 329

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Samuel ·

Die toename in nuwe Covid-19 gevalle is erg. Ek wonder maar net hoeveel daarvan is te wyte aan aan Omikron?

VaalDonkie ·

Em hoeveel is daai toetsgevalle wat hulle twee weke terug begin bywerk het

absoluut ·

Dit is te wyte aan die toename in hoeveelheid toetse ook, hoe meer toetse hoe meer sal positief toets

melaney ·

Wonder of cyril gaan wag totdat almal op die strande rondloop en dan sy ‘family meeting’ hou om vir ons te sê om huiswaarts te keer.

Yolandie ·

Ja, want die eerste 4 lockdowns het so goed gewerk, kom ons probeer dit weer!????

Anel ·

Daar is meer mense aan ander oorsake dood. Maar nou ja, dood het ook ‘n oorsaak!!!!!

Delia ·

Lockdownfountain,
Ons is nie almal anti vaxxers, ons is pro choicers.
Hoekom Val die ingeentes die wat nie nou Wil in ent nie so aan.
Ek is nuut gediagnoseer met kanker en verkies om nie geimmuniseer te word tans nie, want weet self nie mooi watter pad ek gaan loop.
Baie mense het n geldige rede. My dogter het n slapende hartklop van 30. Dr’s sé haar hart is goed, maar sou sy die inspuiting ontvang en dit verswak dalk haar hartspier, Dan is jammer te laat.
Hou asb op om te oordeel. Elkeen het n storie.

Irma ·

Delia, baie dankie vir jou kommentaar. Ek ly ook aan onderliggende siektes en wil ook nie die risiko neem om die inspuiting te neem nie. Ek is net al baie moeg dat die mense wat nie die “entstof” wil neem veroordeel word deur die mense wat ten gunste van die inspuiting is.

Vlooitjie ·

Ek stem, Delia en Irma. Langtermyn newe effekte kan nog nie bepaal word nie en duisende mense het onderliggende hart en long kwale wat bekommerd is oor hoe die entstowwe hul potensieel kan raak gesondheids gewys. Ek weet nie hoekom almal dink die antivaxxers wil net dom astrant dwars trek uit moedswilligheid uit nie. Dis GLAD nie die geval nie. Die wat kies om nie die inspuitings te neem nie se reg om goed te bevraagteken is niks minder valid as die wat voel ons is veiliger met die vax nie. Kom ons gee mekaar ruimte in ons keuses.

annie ·

Waarom raak Nios nou so geheimsinnig en spaarsamig met inligting? Net ‘n paar Griekse name en syfers… Hoeveel kinders is siek en hoe gaan dit met hulle? Hoe vars is ons geplegde entstof nog? Hoe word ou entstof gestort? Wie doen dit? Te veel mag begin opbou… samewerking begin taan…

bobmartin ·

Die wat pro inenting neem en aankondig kan net nie ophou om die wat nie die inenting neem uit te los en hul keuses respekteer nie. Ek meen. Die wat nie die inenting neem respekteer die wat inenting neem se keuses en los hulle uit. Maar nee. Ek vind dit daagliks onder mense en self vriende wat ironies by my kom kuier. Preek die entstof asof hulle in die kerk is en skree as jy nie inenting geneem het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.