Covid-19-statistieke: Meer as 20 000 nuwe gevalle

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Suid-Afrika het nou meer as 1 149 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 21 832 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 1 149 591 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 31 368 nadat nog 844 sterftes aangemeld is: 452 in die Oos-Kaap, 12 in die Vrystaat, 96 in Gauteng, 65 in KwaZulu-Natal, 11 in Limpopo, agt in Mpumalanga, 46 in Noordwes, vyf in die Noord-Kaap en 149 in die Wes-Kaap.

Die 452 sterftes wat in die Oos-Kaap gerapporteer is, is volgens Mkhize as gevolg van die aanpassing van die data van die tydperk tussen Mei en November verlede jaar. “Dit sluit in gevalle waar Covid-19-toetse gedoen is op mense wat dood is en die ontleding van kliniese rekords waar die diagnose nie tydens die afsterwe bevestig is nie.” Volgens Mkhize is sy departement in gesprek met die provinsiale owerhede om die redes vir die agterstand met verslagdoening vas te stel.

Tot dusver het 929 239 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 6 898 207 toetse vir Covid-19 gedoen, 70 060 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap175 94115,3%
Vrystaat64 4095,6%
Gauteng310 20127%
KwaZulu-Natal230 28320%
Limpopo30 8402,7%
Mpumalanga40 7513,5%
Noordwes43 1593,8%
Noord-Kaap26 3532,3%
Wes-Kaap227 65419,8%
Totaal1 149 591100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap8 292162 0395 610
Vrystaat2 21555 6296 565
Gauteng5 923268 55135 727
KwaZulu-Natal4 870148 42076 993
Limpopo63622 6127 592
Mpumalanga66434 6465 441
Noordwes64835 5536 958
Noord-Kaap41723 1942 742
Wes-Kaap7 703178 59541 356
Totaal31 368929 239188 984

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.