Covid-19-statistieke: Meer as 200 000 aktiewe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Die algehele getal bevestigde Covid-19-gevalle staan op 3 292 609 nadat nog 16 080 nuwe gevalle bevestig is. Altesame 2 992 289 mense het reeds van die virus herstel.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê daar is in hierdie stadium ook 209 975 aktiewe gevalle van die virus.

Nog 48 sterftes is sedert die vorige verslag bevestig en tot dusver het 90 345 mense in Suid-Afrika weens die koronavirus gesterf.

Altesame 55 742 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen en die positiwiteitskoers staan nou op 28,8%. Dié syfer is laer as ʼn dag gelede (30,4%), terwyl die sewedaggemiddeld nou op 31% staan in vergelyking met die 29,2% van die vorige dag.

KwaZulu-Natal het Gauteng nou verbygesteek as die provinsie met die meeste nuwe gevalle. Altesame 26% van nuwe gevalle is nou in KZN, gevolg deur Gauteng (21%), die Wes-Kaap (18%), die Oos-Kaap (10%), Noordwes (8%), die Vrystaat (7%), Mpumalanga (4%), en Limpopo en die Noord-Kaap (3% elk).

Nog 215 mense is in hospitale vir behandeling van Covid-19 opgeneem en die getal mense wat tans vir die virus in hospitale behandeling kry, staan op 7 915.

Nog 16 785 dosisse entstof is Saterdag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter ·

Nee, Karen. Dit gaan dan so sleg met ons ou volkie. Niemand kan meer gaan vakansie hou nie.

Cherokee ·

Die massa mense op Durbs se strande vertel ‘n ander storie, Pieter.

VaalDonkie ·

Ek het rerigwaar gedink die menesters sou Gauteng ingeperk het omdat ‘n “hotspot” is. Dis dan wat hulle gese het hulle gaan voortaan doen. Maar lyk my hulle het vergeet wat hulle eie planne is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.