Covid-19-statistieke: Meer as 208 000 positiewe gevalle

(Argieffoto: Getty Images/AFP)

Suid-Afrika het in hierdie stadium 208 847 aktiewe gevalle van Covid-19 en nog 22 910 nuwe gevalle van die virus is bevestig. Dit bring die algehele getal infeksies tot dusver op 2 135 246 te staan.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se jongste statistieke is nog 711 mense in hospitale opgeneem vir behandeling van Covid-19. In hierdie stadium word 15 709 mense – die meeste van hulle in private hospitale – vir die virussiekte behandel.

  • Private hospitale: 9 620
  • Staatshospitale: 6 089

Die positiwiteitskoers is net-net hoër en staan tans op 30,4%, in vergelyking met die 30,3% van ʼn dag tevore. Altesame 1 862 900 mense het reeds van die siekte herstel.

ʼn Bykomende 460 nuwe sterftes is bevestig en die algehele sterftesyfer staan op 63 499.

Altesame 75 276 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen.

Nog 191 833 inentings teen die koronavirus is sedert ʼn dag tevore gedoen en net meer as 4 miljoen mense is nou teen die virus ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Elmarie ·

Ek wens mense wat die virus gehad het wil besef hulle kan selfs twee weke na die tyd steeds ander mense aansteek. Dis hoe viruses werk! Dis ongelooflik hoe nadenkend mense optree. Voel beter en gaan weer tussen mense en so versprei die virus.

Thom ·

Die staat met sy onvermoë om die inentings doeltreffend te hanteer , die Van Helsdingings met hulle baie borshare en die internet kenners wat beter weet as viroloë en spsesialiste gaan maak dat ons nog lank met hierdie goggatjie spook . Onskuldige mense verloor ongelukkig hul lewens agv leuens en mense wat ‘n behae daarin skep om dwars te wees ___ pasop vir Karma !

Wiehahn ·

Ek stem saam met jou wat dit betref. Wat vir my leg is in so ‘n geval, is dat die mense se werkgewers verwag hulle moet terug gaan werk toe. Anderste word hulle nie betaal nie. Die hele siekte veroorsaak ‘n erge werkloosheid. Bose kringloop.

Martie ·

Ek is op dag 14 na die eerste Covid simptome en ek is nogsteeds siek. Ek begin wonder of hulle nie dalk verkeerd was met die 2 weke storie nie, dit het dalk verander. Hoe ookal, ek en my gesin bly maar steeds in afsondering, aangesien ek steeds simptome het en sal eerder daarmee volhou. Ek wil nie iemand se dood op my hande he nie.

Estelle ·

Jy bedoel seker hoe onnadenkend mense optree….. Nadenkend beteken hul dink na oor hul optrede.

Petrus Albertus ·

Die drankverbod is die eerste kritieke linie van die wankelende ekonomie – die waardeketting is diep en wyd, omtrent die hele gasvryheidsbedryf word daardeur geraak, glas, blik, landbou, vervoer, kleinsake, grootsake. Al hierdie rolspelers staan direk in die spervuur en loop die gevaar om permanent hul bron van inkomste te verloor. Dit is waarom die verbod weer en weer ter sprake kom, nie net omdat mense lief is vir drink nie. My buurman is die hoofsjef in ‘n restaurant – dis ‘n riller, ek tel my seëninge elke dag dat ek nie nou in dié bedryf werk nie.

Boekwurm ·

Die grootste probleem met covid is al die ‘experts’ op sosiale media , wat nie tans in ons hospitale werk nie.

Jaco ·

Sterftesyfer 63499 na 16 maande van Corona. Intussen berig die World Healh Organisation dat 58000 in SA in 2019 aan tuberkulose gesterf het. Waarom was daar dan nie in 2019 inperking en ontwrigting van ALLES teen tuberkulose nie?

Thom ·

Jaco , is tuberkulose dan ook hoogs aansteeklik ? En is dit dan ook ‘n virus ? In my studiejare was dit nog ‘n bakteriese infeksie wat behandelbaar is met antibiotika en na 2 weke se behandeling nie meer aansteeklik was nie . Ek dag ek vra maar net __ kennis verander só vinnig !

Petrus Albertus ·

Tuberkulose is wel hoogs aansteeklik in swak geventileerde omstandighede. Die dept van basiese onderwys moes dit lankal verpligtend gemaak het dat geen klas se vensters mag toe wees met kinders daarin nie en dat daar verpligte toetsing op ‘n gereelde basis moet plaasvind maar nou ja… dit is wat dit is. Die oorgrote meerderheid van die sterftes is natuurlik ook te wyte aan die feit dat lyers te lank wag voordat hulle hulp soek.

Jaco ·

Sterftesyfer van ‘n siekte wat al eeue met ons is, is maar dieselfde as Covid-19 se sterftesyfer. Vir Covid-19 sluit die hele wêreld toe. Vir tuberkulose gaan die wêreld gewoon aan.

Thom ·

As jy betyds gaan vir behandeling met tuberkulose is jou kanse om daaraan te sterf feitlik nul .

Vanessa ·

Dit is verskriklik erg. Mense wat jy ken sterf. Wanneer gaan dit end kry. Elmarie ek was nie eers bewus daarvan dat mense 2 weke na die tyd steeds aansteeklik is nie. Dankie vir daai inligting. Die verantwoordelikheid lê steeds by ons. Dra die masker en hou afstand.

sopbeen ·

Kan iemand my inlig of die Delta variant al in Mpumalanga is en of nie?

Samuel ·

Hierdie virus is niemand se speelmaat nie. Nogty is daar ‘n sekere deel van ons bevolking wat daagliks alle regulasies betreffende dra van maskers in die openbaar, sosiale distansieëring en hande was, nie nakom nie. Wetstoepassers doen ook bitter min daaromtrent.

Lourens ·

Hierdie virus is beslis niemand se speelmaat nie. Ek is positief getoets op 20 Mei 2021. Self isolasie en op 12de dag kry ek asemnood. 31 Mei word ek opgeneem in hospitaal. 22 Dae later ontslaan om tuis aan te sterk. Dis nou amper 2 maande wat ek nie gesond is nie, daarom vermy ek nog steeds kuiers, rond ry en veral winkelsentrums. Ek gun niemand om deur te gaan waarmee ek deur is nie.
Nie eers die gebruik van Ivermektine het my beskerm nie. Hierdie virus is dodelik. Bly tuis met alle protokol beskikbaar.

Thom ·

Loutjie , Ivermektien is ‘n wurmmiddel , niks minder en niks meer nie . Ek is bly dat jy beter is .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.