Altesaam 2 493 nuwe bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is in die afgelope 24-uursiklus in Suid-Afrika aangemeld. Dit bring die algehele getal Covid-19-gevalle in die land op 772 252 te staan.
Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Donderdagaand aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.
Nog 115 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 21 083 te staan bring.
Altesaam 45 van die sterftes is in die Oos-Kaap aangemeld, gevolg deur 20 in die Vrystaat, 19 in Gauteng, 16 in die Wes-Kaap, 10 in KwaZulu-Natal en 5 in die Noord-Kaap.
Altesaam 716 444 pasiënte het in dié stadium reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 92,8%.
Meer as 20 288 toetse uit die 5 325 631 wat reeds gedoen is, is in die afgelope 24-uursiklus gedoen. Altesaam 3 082 240 toetse is in die private sektor gedoen, wat meer as die helfte (58%) van die toetse uitmaak. ʼn Totaal van 2 243 391 toetse is in die openbare sektor gedoen.
Provinsiale statistieke:
Gauteng: 233 343
Wes-Kaap: 126 571
KwaZulu-Natal: 126 290
Oos-Kaap: 120 052
Vrystaat: 58 812
Noordwes: 34 640
Mpumalanga: 31 121
Noord-Kaap: 23 003
Limpopo: 18 420
Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
Hou op met toets dan verdwyn die probleem vanself.