Minstens 1 995 556 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 21 584 pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) verteenwoordig die jongste toename in gevalle ’n positiwiteitskoers van 28,4% terwyl nog 382 sterftes intussen aangemeld is. Dít bring die land se dodetal op 61 029 te staan.
Daar is tans 179 734 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 1 754 793 mense van die virus herstel. Dit dui op ’n herstelkoers van 87,9%.
Sektor | Toetse gedoen | Nuwe toetse | ||
Privaat | 7 472 635 | 57% | 43 938 | 58% |
Staat | 5 736 864 | 43% | 32 133 | 42% |
Totaal | 13 209 499 | 76 071 |
Gauteng is steeds verantwoordelik vir die meeste nuwe gevalle (59%), gevolg deur die Wes-Kaap (11%) en Noordwes (7%).
Provinsie | Nuwe gevalle op 1 Julie 2021 | Totale gevalle tot op 1 Julie 2021 |
Oos-Kaap | 664 | 207 610 |
Vrystaat | 603 | 115 215 |
Gauteng | 12 806 | 662 300 |
KwaZulu-Natal | 1 241 | 355 847 |
Limpopo | 1 109 | 77 457 |
Mpumalanga | 930 | 95 752 |
Noordwes | 1 468 | 97 154 |
Noord-Kaap | 316 | 59 330 |
Wes-Kaap | 2 447 | 324 891 |
Totaal | 21 584 | 1 995 556 |
Nog 769 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem.
Sektor | Getal fasiliteite | Opnames tot dusver | Sterftes tot dusver in fasiliteite | Tans opgeneem |
Privaat | 257 | 147 010 | 24 597 | 8 575 |
Staat | 401 | 160 959 | 38 112 | 4 821 |
Totaal | 658 | 307 969 | 62 709 | 13 396 |
Altesame 122 701 inentings is sedert die vorige verslag gedoen. Meer as 3 miljoen mense in Suid-Afrika is tot dusver teen Covid-19 geïmmuniseer.



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
29 Kommentare
Ek neem aan covid maak so baie mense siek, baie spring die griep vry.
Hoe meer mense gaan vir die inenting hoe hoër gaan die getalle styg. Wat verstaan hulle nie? As jy n griepinspuiting kry dan word jy met n verswakte griep virus ingespuit sodat jou ligg kan teenliggaampies ontwikkel, dus word jy nogsteeds siek en kry griep. As jy vir die covid inenting gaan word jy met n verswakte covid virus ingeent sodat jou ligg teenliggaampies kan ontwikkel. DUS GAAN JY POSITIEF TOETS VIR COVID EN GAAN DIE GETALLE DRASTIES STYG. Nie omdat mense nie maskers dra of sanitize of afstand hou nie. Waarom moet ons verder gestraf word met inperkings?
Mooi gestel Melony. Jy slaan die spyker op sy kop. Ek het ook gewonder wat van al die ander siektes geword het.
Die ANC is besig om hulle doel te bereik om vir ‘n langer tyd die mense in SA onder hulle beheer te kan hê. Wat hulle nie sê nie is dat die toets wat hulle deur jou neus opdruk net 60% akkuraat is. Verder was die gemiddelde aantal mense in SA – voor Covid – wat jaarliks aan griep of verkoue dood is bykans 53 000 per jaar. Deesdae gaan niemand dood van griep of verkoue nie.
Niemand kry meer Longontsteking, Brongitus ens nie. As jy hoor het iemand van Covid gesterf en dit is al waaraan almal sterf.