Covid-19-statistieke: Meer as 21 500 nuwe gevalle

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Minstens 1 995 556 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 21 584  pasiënte in die afgelope siklus van 24 uur positief getoets het.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) verteenwoordig die jongste toename in gevalle ’n positiwiteitskoers van 28,4% terwyl nog 382 sterftes intussen aangemeld is. Dít bring die land se dodetal op 61 029 te staan.

Daar is tans 179 734 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 1 754 793 mense van die virus herstel. Dit dui op ’n herstelkoers van 87,9%.

SektorToetse gedoen Nuwe toetse 
Privaat7 472 63557%43 93858%
Staat5 736 86443%32 13342%
Totaal13 209 499 76 071 

Gauteng is steeds verantwoordelik vir die meeste nuwe gevalle (59%), gevolg deur die Wes-Kaap (11%) en Noordwes (7%).

ProvinsieNuwe gevalle op 1 Julie 2021Totale gevalle tot op 1 Julie 2021
Oos-Kaap664207 610
Vrystaat603115 215
Gauteng12 806662 300
KwaZulu-Natal1 241355 847
Limpopo1 10977 457
Mpumalanga93095 752
Noordwes1 46897 154
Noord-Kaap31659 330
Wes-Kaap2 447324 891
Totaal21 5841 995 556

Nog 769 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem.

SektorGetal fasiliteiteOpnames tot dusverSterftes tot dusver in fasiliteiteTans opgeneem
Privaat257147 01024 5978 575
Staat401160 95938 1124 821
Totaal658307 96962 70913 396

Altesame 122 701 inentings is sedert die vorige verslag gedoen. Meer as 3 miljoen mense in Suid-Afrika is tot dusver teen Covid-19 geïmmuniseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

melaney ·

Ek neem aan covid maak so baie mense siek, baie spring die griep vry.

Drico ·

Hoe meer mense gaan vir die inenting hoe hoër gaan die getalle styg. Wat verstaan hulle nie? As jy n griepinspuiting kry dan word jy met n verswakte griep virus ingespuit sodat jou ligg kan teenliggaampies ontwikkel, dus word jy nogsteeds siek en kry griep. As jy vir die covid inenting gaan word jy met n verswakte covid virus ingeent sodat jou ligg teenliggaampies kan ontwikkel. DUS GAAN JY POSITIEF TOETS VIR COVID EN GAAN DIE GETALLE DRASTIES STYG. Nie omdat mense nie maskers dra of sanitize of afstand hou nie. Waarom moet ons verder gestraf word met inperkings?

Leeuwyfie ·

Hierdie inenting werk op ‘n ander manier. Jy word nie met ‘n verswakte weergawe van die virus ingespuit nie. Jy word met instruksies ingespuit om die virus se spike-proteïen op ‘n “onskadelike” manier te maak. Hierdie instruksies word die modified RNA genoem. So maak jou liggaam teenliggaampies om dit te beveg. Jy word basies ingespuit met ‘n auto-immuun siekte. Kenners in hul velde glo dat ingeënte mense die verhoging van verskillende variante gaan veroorsaak. Hoe waar dit is weet ons nog nie. ‘n Virus muteer gewoonlik baie vinnig, en daar is nog nie so ‘n korrelasie getoets nie. Dis hoekom ek MM smeek om vir ons die getalle te gee van gevaksineerde mense wat positief getoets het of in die hospitaal is of dood is. Sodat daar meer data gekry kan word. Hoe meer inligting rondom die virus hoe beter. Mense word baie kwaad as ek die vrae opper want hul staan vas in hul geloof van die inenting. Maar party mense het meer inligting nodig oor ‘n inenting wat nog nooit gebruik is nie.

piet ·

In die VSA is meer as 327 miljoen mense ingent al oor ‘n lang tydperk en net 608 van hierdie wat reeds ingeent is, het Covid in so ‘n ernstige graad gekry dat hulle in die hospitaal aan Covid dood is. Daar is GEEN direkte verband tussen die inenting self en die mense se dood in die gevalle nie, dit is ook duidelik so bevind en opgeteken. Hulle het Covid gekry en is aan Covid dood. Die statistiek (getalle) wys baie duidelik dat die inenting verminder jou risiko om die virus te kry, verlaag jou risiko dat jy dit in ‘n baie ernstige graad gaan kry en verminder jou kanse drasties dat jy daaraan sal doodgaan. So terloops – jy toets nie positief vir Covid na jy die inenting ontvang het nie.

Dirk Mostert ·

Tot 19 Junie was daar reeds 5,993 sterftes in die VSA kort na entings. Weet jy dat in baie lande, ook S.A., is daar ONLANGS wetgewing ingestel om vervaardigers van entstowwe vry te stel van eise en vervolging. Is dit nie onderduims en bewys van sameswering nie?

piet ·

@Dirk Mostert – Sedert 14 Desember 2020 tot 11 Junie 2021, SLEGS 23% hiervan het plaasgevind binne 48 uur na inenting en meeste (minstens 750 sterftes was Covid-verwant). Tot op hede is GEEN kousale verband tussen die sterftes en die inentings self bevind nie. Lees op die amptelike CDC Vaers webblad hoe dinge werk.

Oom Kaspaas ·

JY WORD NIE MET ‘N AUTO IMMUUN SIEKTE INGESPUIT NIE ! Hou op om mense met VREES te probeer manupileer. Jou liggaam kry eenkeer die boodskap om die spike te vervaardig en teen te fight en dan word dit uit die liggaam uitgewerk soos alle ander medisynes, antbiotikas ens wat jy neem, dit word uit die ligaam uit filtreer. anders sou jy net eenkeer antibiotika vir iets gekry het en nooit weer nodig gehad het nie, en jy sou permanent immuun gewees het teen dit waarvoor jy medisyne of spuite ontvang het

Gideon ·

Dalk is dit jy wat nie mooi verstaan nie. Mense word ingelig dat hulle vir 2 dae kan siek voel en hoef te gaan toets vir Covid nie. Die meeste mense is regtig nie so dom nie.

Francois Le Cochon ·

Renata, so se^ my haarkapster ook. My dokter se^ weer anders. Wie moet ek glo?

Danie ·

Mooi gestel Melony. Jy slaan die spyker op sy kop. Ek het ook gewonder wat van al die ander siektes geword het.

Francois Le Cochon ·

‘n Bewys dat masker dra en hande was, alle virus verspreidings verminder. Niks om oor te wonder nie.

Lood ·

Die ANC is besig om hulle doel te bereik om vir ‘n langer tyd die mense in SA onder hulle beheer te kan hê. Wat hulle nie sê nie is dat die toets wat hulle deur jou neus opdruk net 60% akkuraat is. Verder was die gemiddelde aantal mense in SA – voor Covid – wat jaarliks aan griep of verkoue dood is bykans 53 000 per jaar. Deesdae gaan niemand dood van griep of verkoue nie.

Dirk Mostert ·

Volgens die jongste syfers is net 3.5% van die wat positief toets in hospitale. Dus 96.5% maker niks. Soveel vals toetsuitslae.

Francois Le Cochon ·

Lood, jy raai verkeerd. Nie 53 000 nie, maar 9 000 tot 11 000.

Thom ·

Wie met enige verstand wil beheer oor mense so dom as die wat aan die groot sameswering glo , uitoefen ?

Anoniem ·

Excess deaths 3 Mei 2020 tot 26jun 2021 167 700, dit is meer mense as gewoonlik. Hoe verklaar jy dit

Chantel ·

Niemand kry meer Longontsteking, Brongitus ens nie. As jy hoor het iemand van Covid gesterf en dit is al waaraan almal sterf.

Hennie ·

Gaan kyk na The Joe Rogan Experience op Spotify! Ivermectin is beslis deel van die oplossing.

annie ·

Privaatinstansies het tans meer opnames as staatshospitale. Privaathospitale vereis gewoonlik lidmaatskap. Wat sou die rede wees?

Erik ·

Dis eenvoudig. Mense wat van privaathospitale gebruik maak kan bekostig om hulself te laat toets. Baie mense met geen kennis sterf tuis weens Covid, sonder dat hul weet hul het Covid. Dis waarom daar so ‘n geweldige toename in sterftes is, baie daarvan nie bevestigde Covid gevalle nie.

Dirk Mostert ·

Privaathospitale word ruim deur die staat vergoed vir covid-pasiente (dis wereldwyd die geval). Maak jou eie afleidings.

Kirst ·

Ons het ‘n weeklikse vergadering oor Covid wat deur ‘n dr van die Wes-Kaapse Dept van Gesondheid bygewoon word. Ek weet nie of die volgende net in die Wes-Kaap geld nie, maar hier is inligting wat hy eergister vir ons gegee het:
Om laboratorium kapasiteit te spaar, word sommige mense nie meer getoets nie. As ‘n pa bv positief toets, moet sy gesin saam met hom isoleer, maar die res van die gesin word nie getoets nie. Daar word net aangeneem hulle is ook positief. Die getalle wat ons kry is dus vals laag en kan met ‘n faktor van twee of drie vermenigvuldig word. Dit sluit ook nie mense in wat asimptomaties is, en nie weet hulle het Covid nie en dus nie laat toets nie.
Die Delta variant het ander simptome as die Beta variant wat ons in vlaag twee gehad het. Loopneus en lae rugpyn is nou simptome. Baie mense dink dus hulle het verkoue en laat nie toets nie. Dis ook waarom die Delta variant makliker versprei.

Peter Pan ·

Ja nee,, alles gaan nou net oor Covid. Niemand word meer siek oor ander siektes nie. .. Net covid voor en agter.

Andries ·

Ek kan nie verstaan hoekom mense nog toetse doen nie as jy siek voel isoleer jouself as jy slegter voel gaan dan dr toe. Dink daar word random sertifikate posetief geprint en so maak die ANC net meer en meer geld wat waarheen gaan. Wat ek ook nie verstaan nie is hulle hoor n virus dan is dit nou in SA gevind.

Andries ·

Ander ding is Discovery Health het all twee maande terug klaar besluit daar gaan n derde wave wees so hulle is die rede vir die sogenaamde viruse hoe kan ek vandag se dit gaan oor twee maande sneeu in Kaapstad Bull man als word genapileer en mense val vir dit

Kobus ·

Ek wens van die mense wat kommentaar lewer kan eers praat met hul dokters of kundiges wat elke dag met patiënte in hospitale werk en eerstehandse inligting inwin, eerder as om kwake se menings aan te hang. Die onkunde en volhoudende conspiracy theories maak die virus en behandeling nog meer gevaarliker en moeiliker om te hanteer. As die meerderheid van die bevolking dit nie ernstig opneem,en aanvaar dat die vaccine nodig is, gaan dit vir baie lank nog ons lewens beheer en lewens eis.Kyk na die lande waar 80 plus % van die mense gevaksineer is, kyk na die hospitaal opnames daar en die sterftes en syfers. Vir die eerste keer sedert Feb 2020 kon ek gister in winkels instap en mense wat gevaksineer is (wat omtrent almal is),hoef nie meer maskers te dra nie. Neem die regering kwalik vir die uitrol van die vaccine wat so stadig is, maar tensy jy mediese redes het, oorweeg dit en moet nie hardkoppig en dwars wees uit beginsel nie. Jy benadeel nie alleen jouself nie maar almal om jou ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.