Suid-Afrika het nou meer as 1 605 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 3 221 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 605 252 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 55 012 nadat nog 44 sterftes aangemeld is: twee in die Oos-Kaap, 19 in die Vrystaat, 13 in Gauteng, drie in KwaZulu-Natal, twee in die Noord-Kaap en vyf in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 1 520 878 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 94,7%.
Suid-Afrika het tot dusver 11 010 999 toetse vir Covid-19 gedoen, 42 073 sedert die vorige verslag.
Meer as 455 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Covid-19 ingeënt.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 196 450 | 12,2% |
Vrystaat | 93 390 | 5,8% |
Gauteng | 431 598 | 26,9% |
KwaZulu-Natal | 337 728 | 21% |
Limpopo | 64 324 | 4% |
Mpumalanga | 79 519 | 5% |
Noordwes | 70 043 | 4,4% |
Noord-Kaap | 43 187 | 2,7% |
Wes-Kaap | 289 013 | 18% |
Totaal | 1 605 252 | 100% |

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 11 614 | 184 504 | 332 |
Vrystaat | 3 969 | 84 593 | 4 828 |
Gauteng | 10 831 | 414 055 | 6 712 |
KwaZulu-Natal | 10 441 | 321 776 | 5 511 |
Limpopo | 2 336 | 61 556 | 432 |
Mpumalanga | 1 413 | 76 995 | 1 111 |
Noordwes | 1 758 | 64 398 | 3 887 |
Noord-Kaap | 960 | 37 401 | 4 826 |
Wes-Kaap | 11 690 | 275 600 | 1 723 |
Totaal | 55 012 | 1 520 878 | 29 362 |


O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Must I send the abacus again?
Is die 1.5m wat herstel het immuun?
Ek wonder of die getal van 55,000 strrftes addisioneel tot die normale jaarlikse gemiddelde stertesyfer is?
Staal julleself vir ‘n “family gathering”….