Covid-19-statistieke: Meer as 3 000 nuwe gevalle aangemeld

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 1 605 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 3 221 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 605 252 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 55 012 nadat nog 44 sterftes aangemeld is: twee in die Oos-Kaap, 19 in die Vrystaat, 13 in Gauteng, drie in KwaZulu-Natal, twee in die Noord-Kaap en vyf in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 520 878 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 94,7%.

Suid-Afrika het tot dusver 11 010 999 toetse vir Covid-19 gedoen, 42 073 sedert die vorige verslag.

Meer as 455 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap196 45012,2%
Vrystaat93 3905,8%
Gauteng431 59826,9%
KwaZulu-Natal337 72821%
Limpopo64 3244%
Mpumalanga79 5195%
Noordwes70 0434,4%
Noord-Kaap43 1872,7%
Wes-Kaap289 01318%
Totaal1 605 252100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 614184 504332
Vrystaat3 96984 5934 828
Gauteng10 831414 0556 712
KwaZulu-Natal10 441321 7765 511
Limpopo2 33661 556432
Mpumalanga1 41376 9951 111
Noordwes1 75864 3983 887
Noord-Kaap96037 4014 826
Wes-Kaap11 690275 6001 723
Totaal55 0121 520 87829 362

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Quite difficult to work with an abacus. One needs to have extensive math knowledge. Imagine using an abacus to calculate 585,429 x 9,654,567. Chinese children would be able to calculate this using an abacus. Will you be able to?

Francois Le Cochon ·

Johan, nee, hulle kan dit weer kry. Die liggaam het nie die vermoe om die covid virus te identifiseer nie, en weet dus nie hoe om teenliggame te bou om ons immuun te maak nie. Daarom is inenting nodig. Die doel van die inenting is om instruksies aan die liggaam se DNA te gee hoe om teenliggame op te bou. Dieselfde geld ook vir die pokke en masels virusse, wat ook oorspronklik van diere afkomstig is. As jy geen beswaar teen pokke en masels inenting het nie, behoort jy ook geen beswaar teen covid inenting te he nie. Dis soos vinkel en koljander….

Willem ·

Ek wonder of die getal van 55,000 strrftes addisioneel tot die normale jaarlikse gemiddelde stertesyfer is?

Francois Le Cochon ·

Die lewe is te kort om oor bog te wonder, geniet eerder jou lewe deur wyn te drink en lekker te eet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.