Covid-19-statistieke: Meer as 3 000 nuwe gevalle

(Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Woensdagaand altesaam 1 482 412 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 3 159 nuwe gevalle is aangemeld.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 276 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 47 145 te staan bring.

Altesaam 126 van die sterftes is in Gauteng aangemeld, gevolg deur 34 in KwaZulu-Natal, 33 in die Oos-Kaap, 31 in die Wes-Kaap, 21 in Mpumalanga, 20 in die Vrystaat, agt in die Noord-Kaap en drie in Limpopo.

Altesaam 1 367 247 pasiënte het in dié stadium reeds herstel.

Provinsiale statistieke:

Gauteng: 395 838
KwaZulu-Natal: 322 575
Wes-Kaap: 273 185
Oos-Kaap: 193 041
Vrystaat: 78 031
Mpumalanga: 67 967
Limpopo: 60 111
Noordwes: 58 891
Noord-Kaap: 32 773

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wessel ·

Iets rym nie lekker met die syfers nie. Persentasie gewys wys die herstelkoers op 92%. Persentasie van die totale sterftes op die geheel werk dit uit op 3%. Waar is die ander 5%?

Dirk Mostert ·

Wat ek al talle kere gese het. Herstelkoers = hersteldes/(hersteldes + sterftes)
of sterftekoers = sterftes/ (hersteldes+sterftes). Dan tel herstelkoers +sterftekoers op na 100%. Die aktiewe gevalle hoort nie in die formule nie.

Hendrik Marthinus ·

Die positiewe gevalle styg weer
Die Frontline werkers gaan in die oor van Mkize fluister
Volgende Maandag is almal weer kwaad as drankverbod intree
Die mensdom Wil nie hoor nie, en ons Kan baklei drank en covid meng nie so lekker soos brandy en coke nie
O ja voor ek vergeet, Persheks Adri jy kan nou maar asb stop met jou pfffttt

Alet ·

Ek wonder net hoe verwerk hulle die syfers van mense wat al meer as een keer getoets is. Ek weet van ‘n paar mense wat al meer as een keer getoets het. ELke keer darem negatief maar hoe beinvloed dit die syfers?

Emily ·

Wessel, ek stem. Hier kom weer beperkings.
Drank, ongelukke, huismoles was en is al jare met ons. Hoekom nou alles daarop blameer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.