Covid-19-statistieke: Meer as 3 300 nuwe gevalle

Argieffoto (Foto: Luca Sola/AFP)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 628 335 gevalle is tot dusver bevestig van 11 281 820 toetse wat afgehandel is, waarvan 34 903 nuwe toetse sedert die vorige verslag.

Minstens 151 sterftes (6 in die Oos-Kaap, 72 in die Vrystaat, 20 in Gauteng, 2 in KwaZulu-Natal, 17 in Limpopo, 4 in Mpumalanga, 15 in die Noord-Kaap en 15 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 56 719 te staan.

Minstens 1 534 350 persone (94,2%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap19693412.1
Vrystaat967325.9
Gauteng44084927.1
KwaZulu-Natal33858520.8
Limpopo647094.0
Mpumalanga807445.0
Noordwes724454.4
Noord-Kaap464162.9
Wes-Kaap29092117.9
Totaal1628335100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11641184795498
Vrystaat4182857716779
Gauteng1098541914710717
KwaZulu-Natal104763237214388
Limpopo239761820492
Mpumalanga1428779341382
Noordwes1844658854716
Noord-Kaap1021383157080
Wes-Kaap117452769622214
Totaal55719153435038266

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dirk Mostert ·

Danksy skole wat so fluks toets om ‘n verskoning te skep om skole weer te sluit.

MakersMark ·

Baie goeie strategie van die skole om meer intens te toets. Niks met skole sluit uit te waai nie. Die strategie om infeksies onder die jonger bevolking groepe te beheer is korrek want hul is meer mobiel as ouer groepe asook meer geneig om min of geen simptome te wys as hul geinfekteer is dus is hul ‘n groter risiko om verspreiders te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.